Borgtog geweier ná aanval op 90-jarige, bejaarde blinde seun

polisie-huisroof-crime

(Argieffoto: SA Polisie)

Die twee verdagtes wat vroeër aangekeer is nadat hulle na bewering ’n 90-jarige vrou van Limpopo en haar blinde seun (71) in hul huis aangeval het, bly in aanhouding.

Frans Mashitele (32) en Marotji Shokane (33) het Vrydag in die Mankweng-streekhof verskyn op aanklagte van moord, poging tot moord en huisroof.

Hul aansoek om borgtog is van die hand gewys.

Kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, sê die saak is tot 1 Desember uitgestel vir verdere ondersoek.

Ma en seun het verlede Saterdag in hul huis in Marobala buite Mankweng gelê en slaap toe twee verdagtes die huis oopgebreek en geld by die bejaarde vrou, intussen geïdentifiseer as Ledile Sarah Dikgale, geëis het. Dikgale en haar seun is aangerand en verskeie kere met ʼn skerp voorwerp gesteek voor die aanvallers gevlug het.

Die polisie en paramedici is na die toneel ontbied, waar Dikgale dood verklaar is.

Haar seun is met ernstige beserings na ʼn hospitaal geneem.

Die twee verdagtes is vandeesweek ná ʼn wenk deur ʼn inwoner by ʼn plaaslike taverne aangekeer en sedertdien positief met die voorval verbind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Frank ·

Wat gaan in jou kop aan, dat jy na so ‘n misdaad, probeer borgtog kry??? Niks????

Nico ·

Geen borg vir die kriminele, die kriminele kry te maklik borg omdat die tronke te vol is.

Blomme ·

Bring die doodatraf terug vir sulke gevoelose misdadigers.

Hennie J ·

Ja Blomme, ek steun jou beroep heelhartig of beter nog . Lewenslank moet lewenslank wees sonder parool en met dwangarbeid.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.