Borgtog geweier ná grumoord op paartjie

hof-hamer

(Argieffoto)

Die drie verdagtes wat aangekla word van die grumoord op ʼn paartjie van Limpopo wie se liggame verlede jaar langs hul destyds een jaar oue baba aangetref is, bly in aanhouding.

Peter Tshiodze (34), Matome Godfrey Motolla (36) en Mmbofbeni Steven Shirindan (47) se aansoek om borgtog is Woensdag in die Bolobedu-landdroshof geweier voordat die saak tot Junie uitgestel is.

Die drie verdagtes word aangekla van twee aanklagte van moord, verkragting en gewapende roof.

Maroela Media het vroeër berig Nius Malatjie (21) en Lucia Malapane (18) is in Oktober verlede jaar in hul huis in Ga-Rapitsi vermoor. Malatjie se buurman wat ook sy werkgewer is, is op daardie dag na die huis om uit te vind hoekom Malatjie nie vir werk opgedaag het nie.

Hy het op die jong ouers se liggame afgekom terwyl hul baba huilend langs hul lyke gesit het. Die twee is etlike kere met ʼn voorwerp gesteek.

Brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, het vroeër gesê die moorde het tot wydverspreide gewelddadige betogings deur inwoners van die gebied gelei nadat hulle die sakeman wat op die liggame afgekom het, van die moorde verdink het.

Mense het sy winkel en een van sy voertuie aan die brand gesteek. Hulle is daarna na sy huis waar hulle dit ook afgebrand en selfs sy varke, hoenders en bokke vrekgemaak het.

Die sakeman wat vroeër geteiken is, is nie een van die verdagtes wat aangekeer is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.