Borgtog ná ‘bloedmonsters in mikrogolf’

Shaun Donovan Hoffman Foto: SAPD / African News Agency

Shaun Donovan Hoffman Foto: SAPD / African News Agency

Ao Shaun Donovan Hoffman (45), ʼn polisiebeampte van Kaapstad, wat teregstaan op twee aanklagte van korrupsie, is Vrydag vrygelaat op borgtog.

Hoffman, wat by die Pinelands-polisie gestasioneer is, word daarvan beskuldig dat hy dronkbestuur-bloedmonsters besmet het. Maroela Media het vroeër berig hy is Donderdag by die polisiestasie in hegtenis geneem kort nadat hy vir diens aangemeld het.

Hy het sy borgtog van R2 000 betaal nadat hy voor landdros Shaun Lea in die Goodwood-distrikshof verskyn het.

Na bewering het Hoffman die bloedmonsters van twee dronkbestuursake in ʼn mikrogolfoond verhit voordat hy dit vir forensiese analise gestuur het. Volgens die klagstaat het hy na bewering in Mei omkoopgeld van R1 000 aanvaar om met bewyse in ʼn dronkbestuursaak te karring, op só wyse dat die aanklag teruggetrek sou word.

Hy het na bewering in die tweede saak R2 000 omkoopgeld in Augustus aanvaar vir soortgelyke optrede.

Staatsaanklaer Moosa Adonis het aan die hof gesê die saak sal na die Wes-Kaapse direktoraat vir openbare vervolging gestuur word. Dit is roetine prosedure vir aanklagte van korrupsie, diefstal of bedrog teen polisiebeamptes.

Hoffman, van Parow Valley, moet weer op 17 Februarie in die hof verskyn.

Lees alle vorige berigte oor Shaun Donovan Hoffman op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

ME ·

Ag NIKS snaaks nie…….Die hele Land is ingemors en soooooo KORRUP!!!!

Swanna ·

Hy het ook maar probeer doen wat die “baas” van die plaas doen.

GES ·

Dit maak my bekommerd. Die korrupsie begin afsmeer aan mense wat hard probeer om die reguit pad te loop.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.