Borgtog toegestaan aan munisipale bestuurder, oud-LP

Die beskuldigdes in die Polokwane-landdroshof (Foto: Verskaf)

Borgtog is Donderdag in die Polokwane-landdroshof aan die munisipale bestuurder van die Molemole- plaaslike munisipaliteit, ʼn voormalige parlementslid en twee ander toegestaan. Hulle word verbind met die beweerde diefstal van nagenoeg R4,8 miljoen.

Die munisipale bestuurder, Maphala Lazarus Mosena (53), die voormalige parlementslid, Moloko Stanfort Arnold Maila (57), en nog twee mense, Lepota Eric Makgato (70) en Manase Stephen Makgato (51), staan tereg op aanklagte van diefstal en geldwassery.

Mashudu Malabi-Dzhangi, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in Limpopo, sê borgtog van R10 000 elk is aan hulle almal toegestaan.

“Die staat het onderskeidelik borgtogbedrae van R150 000 en R100 000 voorgestel, terwyl die beskuldigdes se regsverteenwoordigers borgtog van R10 000 aangebied het, wat toe goedgekeur is,” sê Malabi-Dzhangi.

Die beskuldigdes sal na verwagting weer op 4 Desember in die hof verskyn.

Soos vroeër berig is Mosena, die munisipale bestuurder, verlede week Vrydag in hegtenis geneem nadat die Valke reeds in 2018 ʼn wenk gekry het oor die diefstal van geld van die Makgatho-gemeenskapseiendomsvereniging, glo deur sommige van sy komiteelede.

Die ondersoek wat gevolg het, het gewys die verdagte het tussen 2015 en 2018 ʼn gemeenskapsvereniging gementor en glo met ander komiteelede saamgespan om ʼn boerderytender aan ʼn maatskappy wat bande met sy vrou het, toe te ken. Die nodige prosesse om die kontrak toe te ken is glo nie gevolg nie.

Dit is verder onthul dat die maatskappy hoegenaamd geen diens aan die gemeenskap gelewer het nie, ondanks die feit dat hy meer as R4,8 miljoen van die vereniging ontvang het.

Dié vier beskuldigdes het glo saamgewerk om die R4,8 miljoen in hul eie sakke te steek.

Maila, die voormalige parlementslid, en Lepota, ʼn voormalige voorsitter van die vereniging, is ook die afgelope naweek vasgetrek. Manase, ʼn bankklerk, het hom aan die polisie in Polokwane oorgegee.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Kokerboom ·

Die regstelsel laat ons in die steek. Hoe kan so ‘n klein borgtog bedrag aanvaar word? Hoekom word borgtog in elk geval toegestaan aan rowers?Hoekom dring die Hoofregter of Dept van Justisie nie aan dat indiepte oudits van ALLE ANC beheerde munisipaliteite gedoen word en die wanbestuur vir eens en altyd gestop word. Dit gaan net aan en aan…..Waar is betrokke minister en DG van plaaslike regering wat nie sy/haar werk doen????Die twak moet nou stop!!!!

Androclus ·

sulke klein borg,hulle betaal dit lag-lag met daardie einste geld wat vermisburg toe is

Genis ·

Ja ou Cyril your people man… Is there actually anyone in the ANC that is not corrupt? Are you actually conscious Cyril, this is happening on your watch… Gooi Genis nou n bietjie Ingels..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.