Borgtog toegestaan aan werknemer wat bejaarde glo stamp

‘n Skermskoot uit die video van die voorval by die Ons Tuiste-sentrum in Bloemfontein. (Video: Facebook)

Die kombuiswerker van Phelandaba by Bloemfontein wat vandeesweek in hegtenis geneem is nadat sy na bewering ʼn bejaarde inwoner van die Ons Tuiste-oord vir bejaardes só hard gestamp het dat sy ʼn noodoperasie aan haar arm moes ondergaan, is Donderdag op borgtog van R1 000 vrygelaat.

Cynthia Lebea (55) het vanoggend vlugtig in die Bloemfontein-landdroshof verskyn op aanklagte van aanranding met die doel om ernstig te beseer waartydens landdros Piet Bester die beskuldigde se aansoek om borgtog toegestaan het.

Charl Devenish, die 79-jarige Elize Devenish se seun, het dié inligting aan Maroela Media bevestig. “Ons het gedink borgtog gaan toegestaan word. Dit is maar die pad wat die gereg moet loop,” het hy gesê.

Dít volg nadat kringtelevisiebeeldmateriaal vroeër vandeesweek aan die lig gekom het waarin daar gesien kan word hoe Devenish hulpeloos op die vloer lê nadat die kombuiswerker haar so hard gestamp het dat sy op die vloer geval en ʼn been in haar gewrig gebreek het. Die bejaarde lê op die vloer terwyl die werker dan bloot met haar take aangaan.

Maroela Media het vroeër berig Elize het ná ontbyt ʼn houer met jogurt wat op een van die tafels agtergebly het, klaarblyklik sonder toestemming geneem.

“Een van die kombuispersoneellede het haar beetgekry en sy het op die grond geval. Sy het my ma net daar gelaat en toe ʼn suster gaan roep wat haar eintlik ook maar net daar gelos het,” het gesê.

Elize Devenish (79) na die voorval. (Foto: verskaf)

“Die suster het haar uiteindelik opgehelp en toe staan my ma maar daar. Jy kan sien [op die beeldmateriaal] sy is heeltemal verslae en uit die veld geslaan. Sy het daarna maar self aangesukkel na haar kamer.”

Elize het haar seun gekontak en hy is onmiddellik na die sentrum, waar die bestuur onderneem het om die voorval te ondersoek. Hy het ook ʼn klagte by die polisie aanhangig gemaak waarna Lebea in hegtenis geneem is.

Ons Tuiste is ʼn deel van die Engo-welsynsorganisasie. Dié organisasie het intussen gesê dissiplinêre verhore is reeds gehou en uitspraak sal te gelegener tyd gelewer word.

“Dit was ʼn geïsoleerde voorval wat hoogs onaanvaarbaar is. Die veiligheid van alle Engo-inwoners is top-prioriteit.

“Engo sien die insident in ʼn ernstige lig en die versorging en belang van inwoners word met die nodige erns bejeën. Engo tree in alle gevalle onmiddellik op en tref alle moontlike maatreëls om insidente soos hierdie te voorkom.”

Die organisasie het gesê hy sal ook ten volle saamwerk met enige ondersoek wat na die voorval ingestel word.

Volgens Charl gaan dit beter met sy ma waar sy tans in die tehuis aansterk. “Dit gaan al beter met haar gemoedstoestand. Haar beserings sal egter ʼn rukkie neem om te genees.”

Die saak is uitgestel tot 20 Junie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Chris Ws ·

Daar moet daarop AANGEDRING word dat die’ betrokke werker onmiddelik ontslaan moet word.Sy gaan daai ou tannie viktimiseer in die toekoms.

Asjas ·

Duidelik weet hulle nie hoe om met oumense te werk nie!! En sy het NIKS sonder toestemming gevat nie, sy betaal om daar te woon en versorg te word en as sy na ontbyt nog honger is en daar is nog kos oor, wie is hierdie werker om haar te weier??? Maar natuurlik was die werker vies want dis minder wat sy kan huistoe dra!!

TINUS ·

Waarom word die video nie op n SABC tv Nuus gewys soos die “doodskisgeval “nie? Mense in Engeland het dit al gesien, maar hier word dit weggesteek!

gerrit ·

Die videomateriaal moet na soveel as moontlik nuusagentskappe versprei word om aan die publiek te toon hoe oumense in die meeste versorgingsoorde mishandel word.

Christa Uys ·

Werknemer met so ‘n houding behoort nie met bejaardes te werk, dis aanranding en snel die arme persoon nie te hulp toe sy op vloer le. Die suster se optrede laat ook veel te wense oor en jy lees teenoor wie sy goedgesind was, sy moet ook voor dissiplinere komitee verskyn.

Phil ·

Hoekom het die DA se jeugleier nog niks hieroor te sê gehad nie…….

Janet ·

Hoekom is die sustwr ook.nie vervolg. Sy het die vrou daar gelos.

Ep ·

Charl moenie dat Engo probeer paai om saak te onttrek nie Dagvaar die waks uit almal uit vir pyn en leiding van jou mammie Wat het geword van daardie wit vrou wat kamstig n suster is? Terloops is dit dieselfde vrou (wit) in die begin van die video?

Helen ·

Waarom kom die kastige hulp wat sy gaan roep het nie ook iets oor nie. Sy het daar gestaan en redekawel en weer weggeloop (dis die stuk wat ek gesien het). Gebeur daar niks met haar nie. Dit kon haar eie ma gewees het!

Gert van Wierdapark ·

Yog-hurt het ‘n nuwe beteken is vir die “stamper” gekry. Sy sal seker na dese twee keer dink om ou mense te stoei en te stamp vir ‘n alleenstaande versnapering!

humor ·

Dit is reg.Die kombuiswerker het klaar vir haar
die jogurt toegeeien en toe vat die tannie dit. Moontlik was dit nog die tannie s,n.

humor ·

TINUS Ons moet ten alle tye veroenend wees. Ek het ditook nog nie op Mm gesien nie. Maar hier in SA kom dit net van eenkant af. Die anderkant verstaan versoening anders. Jy moet kaal gestroop word en weggegooi word.

Amanda ·

Borgtog van ñ R1000. Sy moet verwyder word uit daardie tehuis, sy is nie bevoeg om met mense te werk nie. Haar kinders moet daardie tehuis verantwoordelik hou vir hul ma se hospitaalkoste.Hoop die tannie word gou beter.

honourable member ·

Ja en nou wil haar medewerkers staak oor hoe die situasie hanteer is. Rerig? Nou gaan die simpatie weer by haar le en more is dit weer dieselfde storie. Ek hoop regtig ENGO dank hierdie persoon af maar nou weet ons ook haar disiplinere verhoor gaan lank vat om vir tyd te speel.

Jan ·

Wonder hoekom Da, Anc en eff niks te se het oor die voorval nie, sekerlik gaan dit oor kleur, was dit andersom sou persoon sonder werk gesit het en ook glad nie borg gekry het nie, regte piesangland

Issabelle ·

Dit is baie hartseer , skandelik & tragies hoe oumense in ouetehuise behandel word !!!! Ek het dit self ondervind toe my ma in die ouetehuis was…. maar elke keer word daar verskonings gegee om die werkers te beskerm …. dit gaan in die meeste ouetehuise so , indien nie erger nie.
Nou kry die werker borgtorg …. vir wat …. ” fire” summier sulke gedrag & optredes ….. dit is uiters onmenslik & onaanvaarbaar.

Christell ·

Ek stem saam. Ontslaan haar onmiddelik. Stel iemand aan wat bevoeg is om die werk te doen. As dit my ma was sou hulle haar verseker in die tronk moes aanhou vir haar eie veiligheid. Die suster wat geroep is, is ook nie bevoeg vir die soort werk nie.

Hanlie ·

Wie is die landros of regter wat hier “person” kan borgtog gee vir so ‘n afskuwelike daad wat sy gepleeg het? Hy/Sy het dan net soveel skuld, want hulle gee nie flenter om vir ons ou mense nie!!!

Martie ·

Chris ek ken nie vi jou of jou mammie nie, MAAR niemand het die reg om ;n ou mensie so te behandel nie. Vat hierdie saak verder., ter wille van ander ou mense asb

Ronel ·

Ek is jammer maar ek kan bloot nie my kop daarom kry hoekom enige iemand n oue wil aanrand!! Selfs in die swart kultuur is dit ‘n groot taboe, Mense wat so teen oues optree behoort na ‘n spesiale erger hel te gaan!!!

Henk ·

Maar laat dit nou n wit vrou wees wat n swart vrou gestamp het!! Dan was al die hel weer lees in die media en op straat oor die rassistiese aanval!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.