Xolela Masebeni (30) en sy vriendin, Athembile Mpani (20), het Woensdag in die handelsmisdaadhof in Palm Ridge verskyn op aanklagte van diefstal, bedrog en geldwassery.
Albei beskuldigdes is op borgtog van R50 000 elk vrygelaat en die saak is tot 14 Maart uitgestel vir verdere ondersoek.
Masebeni, ’n spesialis-ingenieur by Absa, het na bewering tussen September en Desember verlede jaar meer as R103 miljoen by sy werkgewer gesteel en na ses verskillende rekeninge oorgeplaas, onder andere dié van sy medebeskuldigde en vriendin.
Hul borgtogvoorwaardes behels onder meer dat hulle nie enige van die bates wat in hul beëdigde verklarings genoem word, mag verkoop of vernietig nie vir die doel van die borgtogaansoek. Masebeni is belet om Absa se persele te betree, en hy word ook nie toegelaat om toegang tot hul databasis of stoorstelsel te kry nie. Verder mag albei beskuldigdes nie die Oos-Kaap, waar hulle woon, verlaat sonder skriftelike toestemming van die ondersoekbeampte nie.
Die beweerde bedrieglike transaksies is deur Absa se forensiese afdeling blootgelê en by wetstoepassingsowerhede aangemeld.
Masebeni is op 19 Januarie deur die Valke in Komani (Queenstown) in hegtenis geneem en het die volgende dag in die Komani-landdroshof verskyn. Die saak is toe na die Palm Ridge-landdroshof oorgeplaas aangesien die beweerde misdaad in Sandton, ’n gebied binne die hof se jurisdiksie, plaasgevind het. Mpani is op 31 Januarie as ’n tweede beskuldigde bygevoeg.
En nou kwalifiseer Masebeni ook om n minister te word in die huidige regering,stel hom aan as minister van finansies.
Stem 100% saam – Hoe groter krimineel jy is, hoe beter is jou kans om in die Parlement aangestel te word
Natuurlik! Hy het dan nou die perfekte ondervinding om miljoene te laat verdwyn!
Wonder waar kry hulle R50 000 vir borg?
Sagteware-inginieurs verdie baie goeie geld – selfs meer as siviele inginieurs.
Mag hulle lewenslank sit en nie eers ‘n selfoon besit nie!!!
Jammer, maar dit gaan nie gebeur nie….
En hy kry borg maar hulle het gesukkel om sy acres te bevestig? Het n salaries van R52 000 n maand en hulle bly by sy ma in n RDP huis? maar kan duur karre bekostig?
Hierdie ou en sy kaders gaan die land skip!
Dit is verseker
Het hy werklik gedink hy gaan daarmee wegkom? Nie “spesialis” genoeg om dít te besef nie.
lekker land die. Kry borg….
Dis darem maar al te lekker!!!
It’s all about the money, money, money….
Ja, hy klink soos ‘n eerbare SA burger en sal by al daardie borgtog voorwaardes hou en weer in die hof verskyn as hy moet…… gmpfff
En is geld terug by ABSA?
Wow, diewe en moordenaars in Suid Afrika kry borgtog…… :(
Dis lekker, en seker geskors met volle betaling.
Met R 103 miljoen moontlik beskikbaar kan enigeen spoorloos verdwyn in privaat straler met vervalste ID ens. Baie maklik. Ons sien hierdie 2 dalks nooit weer nie.