Borgtog vir Ace Magashule

Ace Magashule tydens sy hofverskyning. Foto: NVG

Ace Magashule, sekretaris-generaal van die ANC, is Vrydag in die Bloemfontein-landdroshof borgtog van R200 000 toegestaan.

Magashule se borgtogvoorwaardes behels dat hy die ondersoekbeampte in kennis moet stel indien hy vir ʼn paspoort wil aansoek doen en hy mag nie met die staat se getuie inmeng nie.

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het intussen bevestig dat Moroadi Cholota, Magashule se persoonlike assistent toe hy destyds premier in die Vrystaat was, vir die staat gaan getuig. Die saak is tot 19 Februarie uitgestel.

Magashule staan tereg op 21 aanklagte van onder meer bedrog, korrupsie en geldwassery. Hy word onder meer daarvan beskuldig dat hy bewus was van onreëlmatige ooreenkomste en dat hy opdrag gegee het dat meer as R50 000 vir Refiloe Mokoena se kind se studie bygedra word. Mokoena is in November verlede jaar deur die Suid-Afrikaanse Inkomstediens afgedank. Magashule word ook by ander onregmatige betalings betrek.

Magashule sal volgende jaar saam met sy medebeskuldigdes in die hof verskyn in verband met die toekenning van ʼn R255 miljoen-kontrak om ʼn oudit van asbesdakke in die Vrystaat te doen. Die tender is tydens Magashule se termyn as Vrystaatse premier toegeken, maar dit is glo op bedrieglike en korrupte wyse gedoen. Dit was bedoel om asbesdakke in die Vrystaat te identifiseer en te verwyder, maar die nodige omsigtigheidsproses is nie gevolg nie.

Die omstrede sakeman Edwin Sodi en ses ander vermeende betrokkenes is reeds in verband met die kontrak in hegtenis geneem. Sodi se Blackhead Consulting en oorlede Igo Mpambani se Diamond Hill Trading 74 het die kontrak in 2014 losgeslaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Androclus ·

R200 000 borg vir my is dit hopeloos te veel geld,maar vir hom is dit lekkergoed geld om vir ander mense se kinders se studie geld te betaal van skelm geld.

Jaco ·

Die staat, wat deur die ANC regering beheer word, kla die sekretaris-generaal van die ANC aan. So eintlik kla die ANC die ANC aan. Absurd. Die hofsaak is dus net vir show. Daar gaan niks van kom nie. Vreemd dat alles nie meer privaat binne die ANC huis hanteer/opgelos/toegesmeer is nie.

Androclus ·

Hulle baklei teen mekaar daar is wat vir ou CR is en dan kry jy die ander vir Ace,hulle gaan nog tot ‘n val kom.

Maggies ·

Oehoe, hier kom moeilikheid. Ek hoop Moroadi Cholota is onder streng en veilige bewaring.
Goed en wel mag Ace Magashule nie met getuies inmeng nie, maar sy aanhangers… dis ‘n ander storie.

Suzette ·

Ek stem saam Maggies. Ek dink die getuie se lewe is in gevaar. As die persoon uitgevat word, is ace waarskynlik ‘n vry man.

Persheks Adri ·

Ag nee daar neuk hy my hele naweek op! Die borg regverdig nie die bedrog nie, maar hulle kyk mos na mekaar pffft genade tog!

Anel ·

So hy moet net die ondersoekbeampte in kennis stel dat hy gaan aansoek doen vir paspoort. Bedoel dit dat hy mag en dan kan hy maar? En hoekom is hy nog in sy pos?

Deon ·

Ja ek wonder ook daardie een, dubbel standaarde in die gereg stelsel.

JohanR ·

As Ace nou tronk toe gaan sal dit maar die derde ANC wees in 26 jaar na Tony Yengeni en John Block. Dit meen ‘n ANC gaan elke 8 punt ietsie jaar tronk toe. Soe die volgende ANC tronk toe sal in 2028/9 gebeur.

JM ·

Hierdie is ‘n kwessie van om die duiwel by die satan te verkla . . .

Michael ·

Hy gaan niks oorkom, hier kom weer jare se uitstel. Die borgtoggeld sal nie fisies betaal word nie-sal net moontlik ‘n kwitansie uitgereik word vir ingeval iemand vra vir bewys dat dit betaal is. Onthou die ANC beheer die regering aan wie die geld betaal word. Sal sinneloos wees om fisies die geld aan hulself te betaal.

Coolbanana ·

So Vrydag die 13de kan tog n gelukkige dag wees ? weet net nie vir wie nie

Derek ·

Daar is vele amptenare wat bewus is van korrupsie, selfs binne die SOE’s en SOC’s wat in hoe posisies aangestel is en swyg oor korrupsie en bedrog, hulle moet nou ook vervolg word. Die kanker moet uitgeroei word.

Eddie ·

Die begin van ‘n nuwe toesmeer vervolgverhaal wat uiteindelik tot niks sal kom nie !

piper ·

hierdie hele gebeure lyk vir my na n goeie tydsberekening om die aandag af te trek van al die plaasmoorde

Jacobus ·

Dear Mr President die ongemaklike betuiging van solidariteit wat our people met kriminele ampsdraers het en hulle met so ‘n passie ondersteun . Die rede – sy politieke pilare staan stewig in dié kriminele staat. En dan het jy die cheek om die white people vir alles te blameer.

Deon ·

My vraag, die asbes dakke wat vervang moet word, hoeveel mense se gesondheid is daardeur beinvloed aangesien hulle steeds onder sg “onveilige” dakke woon? Hoeveel het al asbestose gekry nadat die dakke vervang moes word? Gaan hulle hom en sy gesante ook daarvoor aankla? Met n geld stelery is dit nie net die geld wat weg is nie maar daar is mense wat nadelig daardeur beinvloed word. Ek dink dis tyd dat daarna ook gekyk moet word met al hulle gestelery

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.