Borgtog vir admin-klerk

Argieffoto (Foto: Maroela Media)

Heleen Cornelia Kapp (49) het Dinsdag in die Fouriesburg-landdroshof verskyn op aanklag van bedrog, diefstal en geldwassery.

Kapp het as ʼn administratiewe klerk by die Dihlabeng- plaaslike munisipaliteit in die Vrystaat gewerk toe sy na bewering meer as R190 000 van die Fourisburg-eenheid gesteel het. Die diefstal het tussen 2014 en 2017 plaasgevind.

Die saak is by die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke) in Bloemfontein aangemeld en Kapp is Dinsdag in hegtenis geneem, sê kapt. Christopher Singo, woordvoerder van die Valke.

“Die saak is tot 29 April uitgestel en sy sal dan in die Bethlehem-streekhof verskyn. Sy is vrygelaat op borgtog van R500.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Yvonne ·

So jammer jy is uitgevang……. jy het nie kaders om jou te beskerm nie….so dit is n baie duur les

Swerwer ·

Jammer, dit blyk dat ne blankes aan die pen moet ry vir ‘n misstap.

Waarnemer ·

En dit vir n skrale R190000.00!!!Ag nee me Kapp,jy kon sekerlik beter as dit doen…jy moet dat die ANC kaders jou wys hoe dit gedoen word.

Nico ·

R500.00 borgtog nadat sy R190,000 gevat het, dit is belaglik,

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.