Borgtog vir ANC-LP wat glo omkoopgeld vat

Die voormalige ANC-LP Vincent Smith. (Argieffoto: Henk Kruger/ANA)

Die voormalige ANC-LP Vincent Smith is Donderdag op borgtog van R30 000 vrygelaat nadat hy op aanklagte van korrupsie en bedrog in die Palm Ridge-landdroshof verskyn het. Hy het hom vroeër die dag aan die polisie in Alberton oorgegee.

Smith word in sy persoonlike hoedanigheid, asook as direkteur en enigste aandeelhouer van die maatskappy Euroblitz, saam met die voormalige hoof van Bosasa, Angelo Agrizzi, aangekla.

Sindiswe Twala, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het gesê Agrizzi het weens mediese redes nie vandag in die hof verskyn nie.

Smith word daarvan beskuldig dat hy omkoopgeld in die vorm van veiligheidsopknappings aan sy huis aanvaar het, asook dat kontant via ʼn rekening van Euroblitz in sy persoonlike rekening inbetaal is. Die geld is na bewering betaal in ruil daarvoor dat Smith sy politieke mag as parlementslid van die ANC gebruik om Bosasa te beskerm.

Smith moes glo sorg dat Bosasa, wat amptenare van die departement van korrektiewe dienste (DKD) omgekoop het in ruil vir tenders van miljarde rande, nie daarvoor aanspreeklik gehou word nie.

Die aanklag van bedrog teen Smith spruit uit sy beweerde versuim om die betalings van Bosasa aan die parlement se registrateur te verklaar, het Twala gesê.

Smith en Euroblitz se belastingsake vorm deel van ʼn afsonderlike ondersoek.

Twala het gesê die NVG se ondersoekdirektoraat het nou saam met die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) en die Valke gewerk om te verseker die twee word vervolg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

JohanR ·

En daar het ek gedink dit gaan die 6de ANC in 26 jaar wees wat tronk toe gaan!

Fedup ·

Sorry johan. Maybe next week we will be lucky for a orange jumpsuit.

Fedup ·

So if i accept a bribe and get caught, i can just bake some cookies for the judge?

Belinda ·

Ja nee dan is daar meer as die gelde…. dit is die klein visse wat tronk toe gaan, die wat groot vat het baie meer regte

koos10 ·

IS daar enige ANC lede wat nie korup is nie? Ek het verwag hierdie ou is skoon, maar nee, toe nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.