Borgtog vir beskuldigdes in Horner-moord

Brendin Horner (21) is wreed op ‘n plaas vermoor. (Foto: Twitter)

Borgtog is toegestaan aan twee mans wat beskuldig word van die moord op die 21-jarige Brendin Horner, ʼn plaasbestuurder van die Paul Roux-omgewing in die Vrystaat, in Oktober verlede jaar.

Sekola Matlaletsa (44) en Sekwetje Mahlamba (32) is kort ná die moord in hegtenis geneem en was sedertdien in aanhouding. Die saak teen hulle is intussen na die hooggeregshof in Bloemfontein oorgeplaas.

Phaladi Shuping, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in die Vrystaat, sê borgtog is aan die twee toegestaan nadat nuwe feite aan die lig gekom het.

Die uitslag van DNS-toetse was tydens Dinsdag se hofverskyning beskikbaar – en dit verbind nié die twee beskuldigdes met die voorval nie, sê Shuping.

“Daar is aanvanklik berig dat Brendin Horner in die vroeë ure van 2 Oktober vermoor is, maar nou voer die staat aan dit was tussen 19:00 en 20:00 op 1 Oktober.”

Volgens Shuping het die landdros die verdediging gelyk gegee dat dit inderdaad nuwe feite is.

Hy het borgtog van R5 000 elk aan Matlaletsa en Mahlamba toegestaan. Een van hul borgtogvoorwaardes is dat hulle drie keer per week by die Paul Roux-polisiestasie moet aanmeld.

Die saak word op 23 Augustus in die hooggeregshof vir voorverhoorverrigtinge hervat.

Maroela Media het vroeër berig Horner het volgens die nadoodse ondersoek steekwonde aan sy kop, skouer, arm asook aan sy hande gehad. Hy het ook skraapmerke gehad wat daarop dui dat hy oor die grond gesleep is, terwyl die amptelike oorsaak van dood as verwurging aangedui word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

JohanR ·

Kan al sien dat op die einde van die dag sal iemand met moord weg kom!

Maggies ·

Glo nie dit gaan gebeur nie. Dit gaan net nog moorde veroorsaak.

Misky ·

Daar was dan destyds gesê daar was bewyse op die toneel gevind en ook bloed wat nie Brendin s’n was nie. Daar moet dan mos werk van gemaak word en die skuldiges vasgetrek word. Indien die 2 skurke nou vrygelaat word as hulle nie verbind kan word nie, bring dan vir ons die skuldiges asb

jzjz05 ·

Hoe kan hulle nou eweskielik toetse doen want hulle is al 2jaar agter met die toets wat erken is deur mur Hoed self,iets stink.of is dit dalk weer twee standaarde wat hier toegepas word

ES ·

Maar hulle het dan bebloede klere by een van die verdagtes in ‘n vrieskas gekry? Of dink ek aan ‘n ander saak? Dit is mos genoeg bewyse?

Persheks Adri ·

Presies! Jy’s by die regte saak. Iets anders is aan die gang…

Dirk ·

Te lekker.Nie lank nie dan gaan hulle dit weer doen.Was nou vir n ruk in die tronk en kon nie hulle beroep uitoefen nie..Wag maar en sien..

Persheks Adri ·

Is dit wat die pragtige kind se lewe werd is? Dis ‘n skande man! Uit sodat hulle wéér dieselfde kan doen of gaan vlug. Die regstelsel stel ons omtrent teleur. Mos maar net nóg ‘n wit boer…

Althes ·

Ek vertrou nie die DNS toetse nie. Daar kan maklik ñ foutingeglip het.
Geen borgtog vir hulle nie.

Tokkel ·

En die arme mense wat iemand net in ‘n kis gesit het kon nie borgtog kry nie…..Ja, kan mens die howe vertrou met hulle dubbele standaarde? NEE!!

Jannie van Niekerk ·

Ek dink hier moet baie ernstig gekyk word na die ondersoekbeamptes asook die DS afdeling se geldsake Ek ruik lont. Peutering met bewyse ensovoorts.

Maggies ·

Wat het die tyd wat hy gesterf het met die borgtog uit te waai?
Hy is vir ure gemartel en toe verwurg.
Die bebloede klere in die vrieskas? Wie se bloed was dit?
Die grootpraat in die shebeen?
Die vriendin se getuienis?
Miskien is dit goed dat hulle borgtog gekry het. Nou kan hulle getuies uitwis, aangaan met hul lewe.
Tot op ‘n punt.
Onthou net God slaap nie.

Philip ·

Dit is tog so voorspelbaar uitrek van die ondersoek wat gaan uitloop op tweifelagtige niksseggende bewerings. Die slagoffer word benadeel en sogenaamde nuwe getuieniste word gefabriseer wat tot n ontslag of n klap op die hand sal lei.

Tom ·

Ok….so nou maak 1 en 1 nie meer 2 nie.

As hulle dan glad nie met die voorval verbind word nie, hoekom hulle dan nie net laat gaan nie……waarvoor moet hulle dan nou borg betaal, of mis ek nou iets

In ieder geval dit is “good bye Meraai”…daardie 2 kalante gaan so min as wat daar ‘n man in die maan is 3 keer ‘n week aanmeld, my opinie, hulle is klaar skoonveld!

Ian ·

Hulle kom dalk nou weg maar nie voor God nie. Geregtigheid sal geskied.

Elinette ·

En dié nuwe “getuienis” wat aan die lig gekom het, is ‘n verskil van enkele ure in die tyd van mnr. Horner se dood … dit was relevant tot die suksesvolle borgtogaansoeke omdat ……………??????????????????? “Mark my words”, voor die NVG hul ogies uitgevee het, is hierdie twee verdagtes en moord-aangeklaagdes woeps-waps terug oor die grens, in Zim of Moz.

Mariana ·

Hulle gaan wegkom met die verskriklike moord. Daar is iewers iets nie reg nie. Iemand is besig om die hele saak te bekook.

Nie Verbaas ·

Hoe eg is die DNS verslag? Ek meen dit gaan tot 3 jaar vat om op te vang agv van toerusting wat buite werking is en verbruiksgoedere wat nie bestel is nie. Vanwaar dan nou die toetse?

Johann ·

Nou waars al die manne wat die hof bestorm het ‘n klomp maande terug nou? Almal seker maar net aanbeweeg…..

Sarel ·

Kan die NVG vertrou word…en waar kom die verandering
In tyd vandaan…

SjN ·

Met die agterstand en opeenhoping by alle depatremente is enige iets moontlik, Hoedeman het dan self die florensiese situasie erken, is die ontledings nie per abuis omgeruil nie?

Nico ·

Die regstelsel het verswak, van die wit regters is ontslae geraak. Die howe vandag is uiters pateties en hulle werk saam met die beskuldigdes

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.