Borgtog vir boer wat glo honde skiet

Die praktyk om onwettig met honde te jag word ʼn toenemende krisis vir talle boere. (Argieffoto ter illustrasie: NDBV)

Piet Kleynhans, ʼn Vrystaatse boer wat op ʼn aanklag van poging tot moord in hegtenis geneem is nadat hy glo ʼn groep jagters se honde doodgeskiet het, is op borgtog vrygelaat. Dit spruit uit die jagters se bewering dat hulle tussen die diere was toe Kleynhans die honde van kant gemaak het.

Kleynhans staan benewens die aanklag van poging tot moord ook tereg op ʼn aanklag van dieremishandeling.

Hy het al telkens tevore onsuksesvol klagte teen onwettige jagters aanhangig gemaak.

Jan van Niekerk, die VF Plus se Vrystaatse leier, sê die polisie gee in baie gevalle aan boere ʼn koue skouer wanneer onwettige betreding en jag aangemeld word.

“ANC- en EFF-politici se gereelde opruiende uitsprake teenoor boere dra ongetwyfeld by tot die onveilige toestande in landelike gebiede. Dié politici is veronderstel om gemeenskappe te beskerm, maar fokus eerder op populistiese uitsprake,” sê hy.

Van Niekerk sê ook die toenemende onwettige betreding van private eiendom en die onwettige jag van wild en vee is die gevolg van ʼn gebrek aan leierskap in die Vrystaatse regering.

Volgens hom het die voormalige Vrystaatse LUR vir polisie, paaie en vervoer, Sam Mashinini, ʼn ruim salaris ontvang terwyl die premier hom op spesiale verlof geplaas het. Hy is later met ʼn ander LUR vervang.

Mashinini is daarvoor bekend dat hy sterk bande het met die geskorste sekretaris-generaal van die ANC, Ace Magashule, asook oudpres. Jacob Zuma het. “Mashinini se lang verlof het duidelik ʼn gebrek aan leierskap in die departement veroorsaak. Die Vrystaatse regering onder leiding van die premier, Sisi Ntombela, is daarom in werklikheid deel van die probleem met landelike veiligheid wat verwaarloos word weens ʼn onstabiele departement.”

Van Niekerk sê pleks daarvan om landelike veiligheid op te knap, fokus die ANC op sy interne magstryd om oorlewing vir die komende plaaslikeregeringsverkiesing.

Maroela Media het vroeër berig die praktyk om onwettig met honde te jag word ʼn toenemende krisis vir talle boere.

In ʼn opname wat dr. Jane Buys, veiligheidsrisiko-ontleder verbonde aan Vrystaat Landbou (VL), gedoen het, het sowat 83% van boere wat aan die opname deelgeneem het, aangedui dat hulle dié soort misdaad op hul plase ondervind. Die opname is onder Vrystaatse boere oor voorvalle tussen 26 Maart en 31 Mei verlede jaar gedoen.

In die meeste gevalle word wildsbokkies geteiken, gevolg deur hase en vlak- of ystervarke. Driekwart van die boere wat aan die opname deelgeneem het, was boonop van mening dat die voorvalle verband hou met voorvalle waar skape, kalfies en boerbokke van plase gesteel word.

Die oorgrote meerderheid van boere het aangedui dat hulle maandeliks probleme met onwettige jag ondervind en in sowat 61% van gevalle was kinders betrokke by die praktyk om met honde te jag. In sulke gevalle word die kinders – indien hulle enigsins gevang word – dikwels in die sorg van hul ouers vrygelaat en nie voor ʼn hof gebring nie. Buys se opname het ook bevind boere sê kinders jonger as 16 kan aldus die polisie nie vervolg word nie. Soms daag die polisie nie eens op wanneer ʼn klagte aangemeld word nie, het die opname voorts bevind.

Bertus van der Westhuizen, voorsitter van TLU SA-Vrystaat, het vroeër gesê nie net is die praktyk om met honde te jag uiters wreed nie, dit skep ook die moontlikheid van groeiende konflik.

  • Hierdie berig is gewysig sedert dit aanvanklik gepubliseer is. Kleynhans staan tereg op ‘n aanklag van poging tot moord en nie ‘n aanklag van moord nie. – RED 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

63 Kommentare

miavos ·

Ek glo nie wat ek lees nie. Die persoon word van MOORD aangekla omdat hy honde doodgeskiet het wat onwettig gebruik word om te jag?

piet ·

Die onwettigheid van die jag het niks hiermee te doen nie. Die berig is foutief, kan nie moord wees nie want niemand is dood nie. Seker poging tot moord omdat hy die diere geskiet het tussenin die mense. Hy kon die mense doodgeskiet het. So terloops – jy kan nie net diewe voor die voet doodskiet nie, jou lewe moet in gevaar wees (gewoonlik moet daar ‘n onmiddellike bedreiging van jou lewe wees, dan tree jy in noodweer op). Die boer is nie hier fisies aangeval sover ek weet nie,

Harley Davidson ·

Soos ek dit sien betree die diewe en hulle honde op privaat eiendom met die doel om skade aan te rig en misdaad te pleeg en die sogenaamde polisie weier om hulle werk te doen so wat moet die plaaseienaar doen?

piet ·

Ongelukkig is daar nie veel wat jy self kan doen nie tensy jou lewe op die spel is. Jy kan skiet as jou lewe en familie s’n in onmiddellike gevaar is. Die algemene toets is dat jy nie meer geweld mag gebruik as wat nodig is om die aanval af te weer nie. Nie ‘n wyse ding om hero te speel nie, laat maar begaan en ontbied die owerhede so gou as moontlik.

Retha ·

Jy lees dan in die berig, dat die Owerhede hul rug draai op die boere

piet ·

Retha – whatever, jy kan nie reg in eie hande neem nie. Wel jy kan maar dan dra jy maar die gevolge.

Jean ·

Nie skiet nie, tensy hulle wapends het. Dis volgens die toets wat mens skryf vir ‘n geweer

Werner ·

As jy oplet sal jy sien dat die boer die honde geskiet het.Glo as hy wou was die eienaars ook dood.Jy mag honde skiet as daar onwettig op jou plaas gejag word.Of het ons nou nie meer die reg om ons vee te beskerm nie wat word nou van hulle regte aangesien alles nou regte het.

piet ·

As jy oplet het hy geskiet terwyl die diewe by hulle honde gestaan het (dis wat beweer word). Dus kon hy die mense doodskiet van daar die klagte van poging tot moord. Dis nie ‘n kwessie van wou nie, hy moes voorsien het dat hy die diewe ook kon raakskiet in daai situasie (dis genoeg vir opset). Dis nie te moeilik om te verstaan nie. Boonop het hy die honde ook onregmatiglik doodgeskiet vanwaar die bykomende dieremishandeling klag.

Vrijburger ·

Jou onderrok hang weer uit – wie praat van “diewe voor die voet doodskiet”?
Die boer het die reg om vreemde honde op sy grond te skiet (beeste ens moet egter geskut word.)
Ek stem saam hy word seker van poging tot moord aangekla omdat hy die honde na bewering tussen die onwettige betreders dood geskiet het. (Dit is nou as jy onvoorwaardelik die woord van mense neem wat hulle besighou met kriminaliteit – betreding en onwettige jag).
Persoonlik dink ek hierdie insident word deur die oortreders en polisie gebruik om die boer te intimideer en te viktimiseer. Die vermoede word versterk deur die ongehoorde optrede om nie aan die boer borgtog te wil toestaan nie. Op die slegste moet hierdie ‘n saak wees van nalatige afvuur van ‘n vuurwapen, rig van ‘n vuurwapen ens, beslis nie poging tot moord nie.
En terloops, het die polisie die oortreders aangekla en toegesluit vir betreding en ontwettige jag? Mmmm?

piet ·

As dit wel so is dat hy die honde doodgeskiet het terwyl hulle by die hanteerders gestaan het, is poging tot moord ‘n groot waarskynlikheid rok uithang of nie. Jy verstaan ook nie die verskil tussen opset en nalatigheid nie. As die hanteerders tussen die honde was, moes die boer voorsien het dat hy hulle kon raakskiet en dood. Dis opset nie nalatigheid nie. Ek stem 100% saam met hierdie aanklagte van poging tot moord en dieremishandeling (jy kan ook nie net diere voor die voet doodskiet nie). Ongelukkig te veel van ‘n cowboy-verhaal van die boer se kant af. Ek dink hy’t probleme.

Werner ·

Piet soos gewoonlik weet jy nie wat aangaan nie:Jou rassistiese regering het dan n belaglike klag van moord teen die boer net om hom in die tronk te kry.Hy was binne die reg dit is hoekom hulle dit gedoen het.

piet ·

Poging tot moord nie moord nie. Dis jou regering ook of jy nou daarvan hou of nie en die Wette van die land is op almal van toepassing (of jy nou daarvan hou of nie). Ons moet luister as die baas praat.

Retha ·

Die boer is nie aangeval nie, maar sy diere word herhaaldelik jag op gemaak. Het jy al gesien hoe word diere vermink deur honde? As jy dit nog nie gesien het nie, bly asseblief dan liewer stil. Ek was ‘n boervrou en weet waarvan ek praat as spul honde onder jou vee inklim

piet ·

Retha – Help nie om emosioneel hieroor te raak nie. Die punt is jy moet binne die raamwerk van die Wette van die land optree indien nie dra dan maar die gevolge.

Werner ·

Die punt is as jy onwettig op n boer se plaas jag en jy kyk na die natuubewarings wette wat binne die raamwerk vd wet is mag jy die honde skiet.Jy en jou regering verdraai gewoonlik die wette dit is hoekom daar soveel suksesvolle eise teen die polisie ingestel word.Nie hulle of jy het n idee wat daar aangaan nie.Dit is hoekom SA die misdaad mekka vd wereld is.

piet ·

Werner – jou regering het jou net waar hulle jou wil he. LOL. Luister nou vir jou base en respekteer die Wette van die land. So terloops – jy sal nie sien ek val jou persoonlik aan soos jy maak nie. Ek raak nie so kommin nie. Jy stel jouself in ‘n swak lig.

Rudolph ·

Absoluut belaglik! Komaan Afriforum, staan die boer met regshulp by, asseblief!

Anton ·

Maak seker dat jy bydrae tot hulle regs fonds. The more the merrier

Anel ·

Bly hierdie boer is vrygelaat, maar wat van die een in Glencoe?

Misky ·

Absoluut belaglik!!!! En laat hulle nou die boer aanval en selfs moor, dan sê die minister net hulle veroordeel die daad en sal ondersoek. Laaste wat jy hoor van die saak en hulle gee eenvoudig nie om nie.

Casper ·

Ek lees nêrens van iemand wat vermoor is nie.Kinders onder 16 word nie vervolg nie,hoekom nie.Onder 10 is jy nie toerekenensvatbaar nie.Hulle doen dit net om boere uit te lok om op te treë dan kan teen die Boere opgetree word.Ek sal nie verbaas wees as die opdrag van hoedman kom nie.

Pieter ·

Nee kyk tot die anc regters is al brein dood die land is n grap.

Deon ·

Wat se die wet oor rondloper diere op n plaas? Hond, vark, donkie

Werner ·

Aangesien hulle nie die lewens van jou ander diere bedreig nie kan jy hulle skut.Seker nog nie daarvan gehoor nie ne Piet.

piet ·

Skut of skiet? Kan jy hulle doodskiet? Jy is bewus daarvan dat skut en skiet nie dieselfde ding is nie, ne?

Werner ·

Geweet jy weet nie.Skut het niks met skiet uit te waai nie.

Di ·

Ek is totaal verslae! Die absolute arrogansie van hierdie spul kriminele! Ek se weereens dat die kriminele meer regte in die land het as ons gewone landsburgers.

Werner ·

Die regering en sy terroriste bendes terroriseer die boere.

Hardekwas ·

Geen wonder hy spel sy naam met n klein letter p nie. Ly aan n minderwaardigheids gevoel.

piet ·

Hoe minderwaardig moet jy wees as jy nie eers die guts het om jou naam te gebruik nie.

piet ·

Stem, dieremishandeling om hulle dood te skiet. Die klagtes is geregverdig.

Shakespeare ·

Moord ???? Elke keer dink ek die regstelsel kan nie laer sink nie dan gebeur so ‘n absurditeit.

Frank John ·

Kriminele mag onwettig optree maar as jy terug veg dan is jy skuldig.

piet ·

Korrek, jy moet binne die raamwerk van die Wet “terugveg”. Die bottomline is dat jy nie die gereg in eie hande kan neem nie tensy jou lewe in gevaar is. Ons regstelsel is ook nie uniek in die opsig nie. Keer cowboys om wild en wakker te skiet.

Werner ·

Die boer het binne die raamwerk vd wet teruggeveg.As die boer wild en wakker geskiet het was daar meer as honde dood.

Mellivora ·

Sover ek weet was ‘n grondeienaar, onder die “ou bedeling”, geregtig daarop om ‘n hond dood te skiet langs sy baas as hy op die eienaar se grond oortree het.
Sal nooit vergeet dat ek een oggend stal toe is om diere te gaan oopmaak en ons hansbokrammetjie gekry het waar hy na my kyk met sy hele kop- en gesig-vel wat onder aan sy ken gehang het.
Bure se honde het die nag die diamantmaasdraad oopgebreek en die arme dier vermink.
Ons moes hom maar doodskiet en ek het my self verwyt dat ek nie vroeer die week die honde geskiet het toe ek hulle naby die stal gekry het nie.

piet ·

“langs sy baas”. Nee dit sou onverantwoordelik wees siende dat jy sy baas ook kan raakskiet. In enige regstelsel sal dit ‘n probleem wees. Is en was nog altyd so.

Werner ·

As die hond nie aan n lyband vas is nie kan jy hom skiet.Hoe ver was hy van sy baas onwettig op die boer se plaas.Was jy daar

piet ·

Die honde se eienaars was byderhand (by die honde dis hoekom die poging tot moord klag gemaak is omdat die boer die hanteerders kon raakskiet, dis tog logies)en die boer het duidelik geweet dis hulle (jag)honde. Hy mag hulle dus nie geskiet het nie. As dit rondloper, wilde honde was wat amok maak op die plaas en die boer weet nie wie die eienaars is nie, kan hy dit skiet.

Yvonne ·

Nou toe nou…..as die kaders maar net van al die ondernemings gees vir die regte goed gebruik kan hier dalk n verskil in die land kom…verbeel jou moord?????,,,,letterlik n aanval op die regte van n boer wat omgee vir sy eiendom etc….. gruwelik boos

Werner ·

Na regte behoort die saak uitgegooi te word omdat dit die verkeerde klag is.

pieter ·

Dis anc land is n groot SIRKUS ,
Belaglik , die boere moet saam staan .
Jy kan nie meer saps vertrou nie .

Charl ·

JY KAN NIE MOORD PLEEG OP ‘N DIER NIE !! Mnr die staatsaanklaer, gaan swot weer jou misdaad artikels op jou eier. Die regstelsel in hierdie land word daagliks net meer belaglik en lagwekkend !

piet ·

Charl – die berig is foutief in die begin, later in die berig reggestel. Hy’s van poging tot moord aangekla.

piet ·

Hoekom het hy die honde geskiet? Die honde was onder beheer.

Werner ·

N hond wat nie aan n lyband vas is nie is nie onder beheer nie

piet ·

Jy’s verkeerd. Jy mag nie die honde skiet as jy weet wie die eienaars is nie. Die boer het duidelik geweet dis die ouens se jaghonde en die jagters en honde was gesamentlik aanwesig op die plaas (nie net dit nie, die honde was by hulle), geen kwessie hieromtrent nie. Ek stel voor jy skakel jou plaaslike prokureur of universiteit se regskliniek sodat hulle vir jou kan verduidelik hoe dinge aanmekaarsteek ek het nie die tyd of geduld daarvoor nie.

Gert ·

Hier kom moeilikheid want as die Boer skuldig bevind word aan moord op ‘n dier is al die slagpale in die moeilikheid ????

Gert ·

Ek is eerlik met julle as n hond tussen my skape of beeste kom gaan hy dood. Geen boer kan daai skade dra nie en in elk geval is dit nie diere mishandeling nie daai hond weet nie eers hy is dood nie.

Die Goodwoodianer ·

Die Wet is in twee gekloof. Dít alleen kan lei tot verdere nasionale konflikte…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.