Borgtog vir Bolandse vrugteboere

Tientalle mense het Maandag voor die landdroshof in die Paarl byeengekom. Hulle is raadop met onder meer vrugtediefstal. (Foto: Verskaf)

Die twee vrugteboere van die Paarl wat van die moord op Chatwell Rogers (40) aangekla word, is borgtog toegestaan.

John Woest (68) en Jan Basson (65) is elkeen borgtog van R5 000 in die plaaslike landdroshof toegestaan voordat die moordsaak tot volgende jaar uitgestel is.

Dít nadat die verdediging ’n versoekskrif met minstens 680 handtekeninge saam met die borgtogaansoek by die hof ingedien het, sê Eric Ntabazalila, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG).

Die ondertekenaars van die versoekskrif was almal ten gunste van borgtog vir die twee boere.

Woest en Basson is verlede Dinsdag in hegtenis geneem in verband met Rogers se skietdood. Die 40-jarige Rogers is die betrokke dag naby die Sonstraalbrug oor die N1-snelweg naby die Paarl doodgeskiet toe die twee boere glo skote op onwettige vrugteverkopers afgevuur het.

Die vrugteverkopers het van die brug tot op die N1 gevlug toe nog ’n skoot afgevuur is. Die skoot het Rogers in die rug getref en hy is op die toneel dood.

Maroela Media het vroeër vandag berig boere in die omgewing is raadop met kwaaddoeners wat daagliks hul vrugteboorde stroop om aan onder andere motoriste te smous.

Tientalle boere het vanoggend voor die landdroshof byeengekom om stem dik te maak oor die probleem met vrugtediewe en meen die moord op Rogers kon verhoed word sou die plaaslike owerheid vroeër aandag gegee het aan die probleem.

Ntabazalila sê die saak teen Woest en Basson is uitgestel tot 26 Januarie vir verdere ondersoek en ʼn streekhofbeslissing.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

10 Kommentare

jongste oudste gewildste
ES

S v Van Wyk 1967 saak het betekenis hier – daar het ‘n winkeleienaar sy winkel, wat sy enigste heenkome was, met dodelike mag beskerm en hy het sy saak gewen sonder dat hy van moord aangekla word. Hierdie saakreg staan nou nog, kom ons kyk of dit toegepas gaan word.

Kneh Mokenah

Moet nie verbaas wees as daar al hoe meer gevalle gaan wees, waar mense hulself en hul reg om te bestaan, verdedig nie. Ons wetstoepassing en regspleging het ‘n algehele laagtepunt bereik.

Strandloper

Klink of die regter ten minste oop kop na die saak gekyk het. Hoop dit is volgende jaar dieselfde geval.

AW

Dinge het drasties verander van 1967,

As ons werklik rationaal dink, sal ons besef dat in terme van huidiglike uitsprake deur die Howe en die CONCOURT, is jou besittings en of eiendom van geen belang , en sal dit maar Moeilik wees om ń verweer te opper waar n persoon beseer en of gedood is.

My Hart gaan uit vir daardie Boere, ek kan maar net Bid vir Hulle!!

Miskruier

Boere staan magteloos teen kriminele, n voorheen benadeelde se beeste word sommer op ons grond ingejaag om te wei, daar is nie meer n skut, alles kos n hoop geld.