Borgtog vir buurman ná peuter se dood

Argieffoto

Die man van Limpopo wat sy buurvrou vroeër met ’n harde voorwerp wou bydam en toe die vrou se 17 maande oue dogtertjie in haar arms getref het, is op borgtog vrygelaat.

Kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, sê die man (26) het Donderdag op aanklag van moord in die landdroshof in Giyani verskyn waar borgtog van R6 000 aan hom toegestaan is.

Die saak is nou tot 14 Desember uitgestel vir verdere ondersoek.

Die man was vroeër vandeesmaand glo in ’n bakleiery met sy buurvrou betrokke en het na haar huis in die Thomo-nedersetting in Giyani gegaan om haar te konfronteer.

’n Bakleiery het met sy aankoms tussen die verdagte, die buurvrou en dié se oudste dogter ontstaan.

Die verdagte is na sy huis waarna hy met ’n harde voorwerp teruggekom het. Dit is met dié voorwerp dat hy na die buurvrou, wat haar baba vasgehou het, geslaan en die kind getref het.

Die baba, intussen as Vukahle Makwakwa geïdentifiseer, het ernstige beserings in die voorval opgedoen en is later in ’n hospitaal dood.

Die man is aanvanklik in hegtenis geneem op aanklag van aanranding met die doel om ernstig te beseer. Dít is ná Vukahle se dood na ’n aanklag van moord gewysig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

15 Kommentare

jongste oudste gewildste
Genis

Dis absurd, geen borgtog… is die nie wat Cyril gese het nie… Ooo vergeet ek niks wat hy se word gedoen nie…

ES

Kranksinnig! Hoe kry hy borg??

Nioleen

Net in SA! Borgtog vir moord?? Is die vrou se lewe veilig as hy nou uit is op borgtog? Hy wou haar oorspronklik geslaan het. Gaan die R6,000 haar lewe verseker?

Persheks Adri

Dis mal verby om die man borg te gee! Is dit nou wat ‘n kind se lewe werd is pffft? Hierdie regstelsel is nie reg nie ek’t nie meer woorde nie. Keelvol vir die moorde verby keelvol

Danny

HOEKOM?! Borgtog – hoekom.. Steeds faal die sg. regstelsel ons mense.