Borgtog vir ‘dwelmhandelaar’

Foto: timefreight.co.za

Foto: timefreight.co.za

ʼn 32-jarige vrou se aansoek om borgtog is Woensdag in die Kaapstad-distrikshof goedgekeur nadat sy ʼn pakkie met dwelmmiddels by ʼn koeriermaatskappy wou afhaal.

Landdros Moegamad Esau het Bulelwa Yokwana (32), ʼn ma van ʼn sesjarige dogter, vrygelaat op borgtog van R30 000.

Sy is Maandag in hegtenis geneem nadat Time Freight-personeel die Valke in kennis gestel het van ʼn verdagte pakkie wat by die maatskappy se perseel in Montague Gardens afgehaal moes word.

Die staat het nie haar aansoek om borgtog teengestaan nie.

Yokwana, van Gugulethu in Kaapstad, werk glo by Metropolitan Health. Sy staan tereg op aanklag dat sy handel wou dryf met 19.5 kg tik (metamfetamien).

Esau het gesê die dwelmmiddels sou in Kaapstad versprei word as Yokwana nie gevang was nie, en hy sidder as hy dink aan die gevolge. “Die erns van die misdaad verplig die hof om streng borgtogvoorwaardes op te stel,” het hy bygevoeg. Sy moet drie keer per week by ʼn polisiestasie aanmeld.

Haar saak is uitgestel tot 29 April 2015.

Kol. Tembinkosi Kinana, woordvoerder van die polisie in die Wes-Kaap, het egter Dinsdag gesê daar was 42 kg metamfetamien (Tik) met ʼn straatwaarde van R7 561 000 in die pakkie. Klik hier om meer te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.