Borgtog vir Gupta, Transnet-middelman

Die sakeman Kuben Moodley is vandag in die Palm Ridge- gespesialiseerde handelsmisdaadhof vrygelaat op borgtog van R150 000. Die saak is tot 28 Februarie 2022 uitgestel.

Moodley word in sy persoonlike kapasiteit aangekla en as ʼn verteenwoordiger van Albatime Pty Ltd vir oortredings ter waarde van R307 miljoen tussen Junie 2012 en 2017 en verskeie aanklagte van bedrog, diefstal en geldwassery, sê Sindisiwe Seboka, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) se ondersoekdirektoraat.

Maroela Media het vroeër berig Moodley is Dinsdagaand by die OR Tambo-lughawe vasgetrek. Hy is op die lughawe in hegtenis geneem voordat hy omstreeks 19:00 ’n vlug na Dubai kon haal.

“Die hof het bepaal dat hy Maandae tot Vrydae, tussen 06:00 en 18:00 by die Sandton-polisiestasie moet aanmeld en hy moes sy paspoort oorhandig,” het Seboka bygevoeg.

Die aanklagte van geldwassery hou verband met geld wat in twee Albatime-bankrekeninge inbetaal is, een by Absa en een by die Bank of Baroda. Die geld is glo bekom uit kontrakte wat onbehoorlik deur Transnet toegeken is aan Regiments Capital en Trillian Capital, en diefstal deur Regiments-fondsbestuurders van die Transnet Tweede Vastevoordelefonds (TVVF).

Die ondersoekdirektoraat voer aan die betalings hou verband met ʼn kriminele skema waar Moodley agteraf betalings van 3% ontvang het op ʼn betaling van R189 miljoen wat Transnet aan Regiments Capital gemaak het en R56 miljoen wat Regiments-fondsbestuurders glo van die TVVF gesteel het.

Hy word daarvan beskuldig dat hy toegelaat het dat Albatime-rekeninge gebruik word om 75% van die R189 miljoen en R56 miljoen te was deur entiteite wat deur die Gupta-familie gebruik is, het Seboka verduidelik.

“Dié reëling is toe na Trillian oorgedra toe Regiments-direkteure se paaie geskei het en Albatime het geld deur die Gupta-maatskappy Tegeta gewas. Dit hou verband met 80% van ʼn Transnet-betaling van R93,4 miljoen wat aan Trillian-fondsbestuurders betaal is.

Moodley word ook daarvan beskuldig dat hy hierdie opbrengste gebruik het om lede van die Gupta-familie te help om die Optimum-steenkoolmyn vir Tegeta aan te skaf.

Die ondersoekdirektoraat en beamptes van die SAPD het Moodley in hegtenis geneem deur ʼn beperkingsbevel wat reeds in Junie 2020 bekom is oor Moodley en Albatime se bates ter waarde van R232 miljoen. Die Johannesburgse hooggeregshof het die finale beperkingsbevel op 28 November 2020 bekragtig. ʼn Saak van minagting van die beperkingsbevel is steeds hangende teen Moodley.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

annie ·

Uitstel… Uitstel… Die voorgevoel dat SA op sy laaste paar krukke staan realiseer… Sad but true…

Nie Verbaas ·

Die meneer het tydens sy borgtog aansoek beweer hy is al sedert 2017 werkloos……..maar hy was op pad Dubai toe? Wens ek kan die tipe van arm status verkla.

Kokerboom ·

Mnr Moodley is definitief NIE in die mood om in land te bly..daarvoor is grense te poreus..vra maar vir sy onwettige asiatiese vriende oral in klein selfoonwinkels

Hardekwas ·

Daar is duisende van hulle. Ek weet van een wat winkelspasie by n vriend huur. Elke maandeinde kom die saps manne hul geldjie haal want die pakistaniêr is onwettig in die land. Solank hy betaal sluit hulle hom nie toe nie.

Nic ·

Weereens bewys hoe pateties ons regters en reg is kan maar vergeet Hy is dalk reeds in Dubai

Misky ·

Meer as 300 miljoen geld gekry en regter dink R150k gaan hom hier hou. Hy was juis op die lughawe gearresteer oppad na Dubai. Poof, weg is hy en sit seker alreeds saam Guptas en tee drink op die stoep

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.