Borgtog vir ‘korrupte’ polisiebeamptes

Argieffoto

Argieffoto

Vyftien personeellede van die SAPD-motorhuis wat Dinsdag in hegtenis geneem is nadat hulle glo polisievoertuie van hul onderdele gestroop het, het Donderdag in verskeie landdroshowe in die Oos-Kaap verskyn.

Konst. Khangelani Victor Gqwabaza (33), sers. Thobile Fani (49), personeellid Mongameli Goodman Gaqa (37) en skoonmaker Sikhumbuzo Majola (43), almal werknemers van die polisiemotorhuis in Mthatha, is elk vrygelaat op borgtog van R2 000 en hul saak is uitgestel tot 2 Junie vir verdere ondersoek, het brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, in ʼn verklaring gesê.

Sabelo Mahobe (28), Dingiso Shadrack Maqethuka (54) en Ganumthetho Skey (47), werknemers van die polisie-motorhuis in Queenstown, het voor die Queenstown-landdroshof verskyn en is vrygelaat op borgtog van R1 000 elk. Hulle sal weer op 25 Mei in die hof verskyn.

Die Port Elizabeth-landdroshof het ao Siyakudumisa Mfazwe (33), konst. Sydney Siyabulela Situnda (36) en sers. Dumalisile Ndingane, werknemers van die polisie-motorhuis in Forest Hille, vrygelaat op borgtog van R500 elk. Hulle sal weer op 17 Mei in die hof verskyn.

Monwabisi Zicina (35), Sphiwo Qukani (52), Fezile Mhlekwa (36), Mziyanda Magwevana (42) en Zola Humphrey Antonie (33) is in die Zwelitsha-landdroshof vrygelaat op borgtog van R5 000. Die saak is uitgestel tot 6 Mei.

“Dit is vir ons sleg om ons eie lede se name te noem, maar omdat ons wil wys dat ons ernstig is om korrupsie en alle vorme van misdaad in die diens uit te roei, moet ons by onsself begin,” het genl.maj. Mthandazo Ntlemeza, waarnemende hoof van die Valke, gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Peet Schabort ·

Ek is sprakeloos, radeloos, moedeloos, BESKERMloos en verdere kommentaar is nodeloos.

Piet Snot ·

Maroela, julle moet net daai “polisiemotorhuis” verander na “polisiegarage”.
‘n Motorhuis is ‘n plek waar jy jou kar in die nag bêre. ‘n Garage is êrens waar hy herstel word (hoewel dit ook ‘n bêreplek kan wees).
Ek skat ons praat hier van die herstelplek vir polisievoertuie (in die ou dae het hulle die goed in die “staatsgarage” herstel – en laat oornag!).

scalla ·

Dit is die staat chop shop wat deur betaade lede bestuur word

jacques ·

Hulle moet die poliesie gebruik om in die gevaarlike plekke in te gaan dat hulle dit nie terug maak nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.