Borgtog vir ma wat glo juffrou aanrand

Itumeleng Lizbeth Letsepe. Foto: ANA

ʼn 40-jarige vrou, wat daarvan beskuldig word dat sy ʼn onderwyseres met ʼn sambreel aangerand het “om haar ʼn les te leer”, is Dinsdag in die Mankwe-landdroshof in Mogwase in Noordwes vrygelaat op borgtog.

Itumeleng Lizbeth Letsepe is vrygelaat op borgtog van R2 000 en die saak is tot 20 Junie uitgestel vir verdere ondersoek. Sy staan tereg op aanklag van aanranding met die doel om ernstige liggaamlike besering aan te rig.

Sy word daarvan verdink dat sy die graad 3-juffrou Mpuseng Sepotokele (52) op 22 Februarie by Leema Primary School in Tlhatlaganyane naby Sun City aangerand het.

Sepotokele is herhaaldelik oor die kop en hande geslaan met ʼn sambreel. Sy het beserings opgedoen en moes in ʼn hospitaal opgeneem word. Sy is die oggend aangeval toe sy by die skool opgedaag het. Sy sterk aan by die huis.

Lees alle vorige berigte oor Itumeleng Letsepe op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

GM ·

Hoe word haar kind nie dalk ook aangerand by die huis nie? As ons weer sien, is dié dalk ook in die hospitaal, of nóg erger. Ek hoop hul stel ondersoek in.
Dis belaglik dat sy borgtog kry. Die doodskis twee het tronkstraf gekry en dié madam gaan net met ‘n ligte tikkie oor die vingers wegstap.

Santjie ·

Nee, die kind word nie aangerand nie. Hy/sy het nou vir ma se optrede as ‘n voorbeeld van hoe dinge gedoen word uit haar oogpunt. More doen hy/sy ook so iets en so word die saadjie geplant van “dis hoe dit hoort”

Philippus Janse van Rensburg ·

Dit is duidelik dat die onderwyseres se belange, en dus die professie,nie gedien word deur die hof nie.
As dit ‘n onderwyser was, is hy/sy geskors en al wat grootbek politikus is, was op die wa!
Maar, ons leef in ‘n skewe wêreld, 25 jaar lank skeefgetrek.

Eddy ·

die ander ding is: kinders sien en volg wat ouers doen…Die kind gaan nou dink dis aanvaarbaar om n onderwyser aan te rand.Ouers moet dus as voorbeeld optree.

P ·

Ek sit nou dieselfde en dink hoe lyk die juffrou laat my aan goliat dink ek hoop daar word n “voorbeeld” van die ma gemaak wie dink sy is sy sterkte aan die juffrou ek haal my hoed vir julle almal af

Pensioenaris ·

Moet se as ek die ondrwyser was het ek my bene af gehol as sy my bestorm.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.