Borgtog vir man oor ‘moontlike kinderpornografie’

(Argieffoto: Unsplash)

Borgtog van R2 000 is toegestaan aan ʼn man wat glo in die besit van moontlike kinderpornografie betrap is.

Die 48-jarige man het Donderdag in die Swellendam-landdroshof verskyn op aanklag van die oortreding van die Wet op Rolprente en Publikasies, het kapt. Malcolm Pojie, polisiewoordvoerder, gesê.

Hy is Woensdag tydens ʼn klopjag op ʼn plaas in die Overberg-distrik net buite Swellendam in hegtenis geneem.

Die inhegtenisneming was ʼn gesamentlike poging tussen lede van die polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe in Kaapstad en die VSA se departement van binnelandse veiligheid deur die Amerikaanse ambassade.

Die span het ʼn lasbrief bekom nadat vasgestel is die verdagte besoek ʼn Amerikaanse kletskamer waar deelnemers eksplisiete seksuele gesprekke en beeldmateriaal van minderjariges deel, sê Pojie.

“Gegrond op die intelligensie het die geïntegreerde span die beskuldigde se huis deursoek en beslag gelê op elektroniese toerusting, waaronder selfone en tablette.”

Die verdagte is terselfdertyd in hegtenis geneem.

Pojie sê die toestelle sal nou ontleed word.

Ingevolge die man se borgtogvoorwaardes mag hy glad nie aanraking kom met enige kinders nie, met die uitsondering van sy eie kinders. Hy mag ook geen pornografiese webwerwe – of enige ander webwerwe – besoek nie.

Die saak is tot 13 Mei vir verdere ondersoek uitgestel.

Genl.maj. Thembisile Patekile, waarnemende polisiehoof in die Wes-Kaap, het die span geloof vir hul pogings om die regte van “kwesbare” kinders te beskerm.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

7 Kommentare

jongste oudste gewildste
marius

Pateties

Maggies

Dit is verby siek. Ek het gehoor dat daar sindikate in Suid Afrika is, maar gehoop dat ek verkeerd verstaan het. Hoop die gereg maak doodseker dat hy nie deel van hulle is nie.

Sarel

Weereens voorberld van SA Regstelsel se minagting vsn kinders se regte.

ES

Mag daar geregtigheid wees. Hierdie tipe misdaad val onder dieselfde kategorie as haatmisdaad en ek hoop die hof sluit hom toe vir baie baie jare.

Regverdigheid

Kry siek mense daar buite .