Borgtog vir man wat glo hof se vensters breek

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Tim Arterbury/Unsplash)

Die man wat glo die hofgebou op Vryburg in Noordwes se vensters uitgeslaan het, is Dinsdag op borgtog van R500 vrygelaat.

Henry Mamothame, polisiewoordvoerder, sê die staat het nie Sibongile Dube (35) se borgtog teengestaan nie aangesien hy nie as ’n vlugrisiko beskou word nie. Hy is wel belet om met die staat se getuies in te meng.

Die saak is nou tot 18 Februarie vir verdere ondersoek uitgestel.

Dube staan tereg op aanklag van opsetlike beskadiging van eiendom nadat hy vroeër vandeesmaand op die toneel van die misdaad betrap en in hegtenis geneem is.

Maroela Media het vroeër berig dat hy aanvanklik skuldig sou pleit op die aanklagte teen hom. Hy het egter verlede week van plan verander en ook ’n regsverteenwoordiger versoek.

Daar word beweer dat ’n veiligheidswag gehoor het hoe die vensters van die Vryburg-landdroshof breek en dat hy Dube op heterdaad betrap het. Dube beplan egter nou om skuld te ontken.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Frikkels ·

Wat se onnodige rompslomp en mors van belasting betalers geld is hier aan die gang? Hy is op heterdaad betrap! Geen verdere ondersoek is nodig nie. Vonnis hom en kry klaar.

Di ·

Op borgtog van R500 vrygelaat? Wat op dees aarde gaan aan in hierdie land? Terroriste kom weg met 500 borg! Was dit nou ‘n blanke persoon is borgtog summier geweier en hy aangekla van TERRORISME

piet ·

Die bedrag van borg word ondermeer bepaal deur te kyk na die borgaansoeker se finansiele vermoe. Dis tog verkeerd dat ‘n ryker persoon wat maklik die borg kan betaal vir ‘n soortgelyke oortreding kan vry stap maar die ou wat niks kan betaal nie in die tronk moet sit. Tog is dit dikwels die situasie dat mense wat wel kwalifiseer vir borg juis in die tronk sit net omrede hulle nie borg kan bekostig nie. Die klag is ook nie terrorisme nie maar opsetlike saakbeskadiging. Ek dink die NVG wat in besit is van die polisiedossier sal beter as buitestaanders weet wie van wat aangekla moet word. Jou verwysing na ras is ook heel onvanpas en snert. Indien verdere feite mettertyd navore kom dat dit wel ‘n geval van terrorisme is, sal die klagte verander of bygevoeg word. Onthou die NVG en die hof moet in hierdie vroee stadium (voor die hofsaak) besluite neem met inligting wat tans tot hul beskikking is, die saak word nog ondersoek.

Sê maar net ·

Ag te lekker! So wat gaan hy volgende breek as hy “kwaad” is? En wat het nou geword van die terrorisme klag teen hom? Saam met die oorskietkoffie in die wasbak verdwyn?

H.A. ·

Gaan slaan maar al die vensters uit. Jy word gegun om dit te doen !

Kokerboom ·

Sulke boewe moet tot harde arbeid gevonnis word maar o-wee ons liewe MRK sal dit NIE aan bloedjies toelaat

Misky ·

Hy is volgens vorige berigte ‘n moordenaar uit op parool. Ek sou dink hy moet terug tronk toe en voorwaardes verbreek.

efjy ·

Dit blyk op die foto dat die vensters taamlik geroes is. Is daar niemand wat omsien na onderhoud nie?

SomeOne ·

hy het maar net gewys watter vensters stukkend is en geverf moet word
die papier wat die borgtog op is, is meer werd as die r500, waarom dan die borg toestaan, laat hom net vry en berispe hom daaroor

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.