Borgtog vir man wat glo vrou opgeblaas het

ʼn Voormalige kolonel in die Suid-Afrikaanse Lugmag wat sy vrou na bewering met ʼn handgranaat opgeblaas het, is Dinsdag in die Durbanse hooggeregshof vrygelaat op borgtog.

Argieffoto

Argieffoto

Regter Phillip Nkosi het Joel Mahoase vrygelaat op borgtog van R5 000 en het ʼn uitspraak van 15 September in die Durbanse landdroshof, omgekeer waar die beskuldigde se aansoek om borgtog afgekeur is.

Mahoase het glo in die vroeë oggendure op 13 Augustus twee handgranate in die kombuis van sy huis in Amanzimtoti in KwaZulu-Natal gegooi. Een van die handgranate het ontplof en sy vrou, Lesego, het gesterf.

Landdros Vanitha Armu het tydens haar uitspraak in die landdroshof gesê sy dink nie dit is in die belang van geregtigheid dat Mahoase vrygelaat word op borgtog nie, alhoewel die staatsaanklaer nie sy aansoek teengestaan het nie. “Dit is ʼn gevoellose moord. Dit is nie jou gemiddelde moordsaak nie,” het sy in daardie stadium gesê.

Adv. Paul Jorgensen het in die Durbanse hooggeregshof aangevoer Armu het aangeneem sy kliënt is skuldig. “Wanneer mens die landdros se uitspraak lees, wil dit voorkom of sy die aansoeker reeds skuldig bevind het aan die oortredings waarop hy tereg staan,” het hy gesê.

Mahoase moet nog verhoor word op aanklag van moord en die onwettige besit van springstof.

Jorgensen het bygevoeg Armu het die realiteit geïgnoreer dat twee hande benodig word om ʼn handgranaat se pennetjie uit te trek, alhoewel sy kliënt nie behoorlik gebruik het van sy een arm nie.

Lees alle vorige berigte oor Joel Mahoase op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.