Borgtog vir Mercedes-plunderaar

In die video kan ʼn mens sien hoe Moloi met ʼn mandjie vol kruideniersware uit die Woolworths-winkel in Glenwood loop en in ʼn Mercedes-Benz-motor klim (Foto: Skermgreep)

Borgtog is toegestaan aan die 26-jarige Mbuso Moloi wat hom verlede week oorgegee het in verband met sy betrokkenheid by die plundering van ʼn Woolworths-winkel in Durban. Hy het ook aangedui dat hy skuld gaan beken op die aanklagte teen hom.

Maroela Media het vroeër berig Moloi is op 12 Julie tydens die onluste in KwaZulu-Natal op kamera betrap waar hy met ʼn mandjie vol kruideniersware uit die Woolworths-winkel in Glenwood loop en in ʼn Mercedes-Benz-motor klim.

Daar is vasgestel dat dié motor daardie dag boonop ʼn vals nommerplaat opgehad het.

Moloi staan tereg op aanklag van openbare geweld, diefstal, betreding en die oortreding van die Nasionale Padverkeersregulasies 2000.

Hy het Dinsdag sy tweede verskyning in die Durbanse landdroshof gemaak en borgtog van R5 000 is aan hom toegestaan.

Volgens Natasha Kara, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), sluit sy borgtogvoorwaardes in dat hy sy paspoort moes indien en dat hy nie KwaZulu-Natal mag verlaat sonder om die ondersoekbeampte daarvan in kennis te stel nie.

Hy sal na verwagting volgende Donderdag weer in die hof verskyn.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

SjN ·

Hy moet ook gevonnis word tot gemeenskapdiens. Laat hy opruimings en skoonmaak dienste doen as deel van sy straf.

Frank ·

Dit is so, maar die hofsaak en vonnisoplegging gaan seker eers weer oor 10jaar plaasvind

Samuel ·

Is daar nie aanvanklik gesê hierdie mense gaan nie borgtog toegestaan word nie.

Persheks Adri ·

Jy weet mos hulle lieg deur hulle tande sonder om skaam te kry!

Meisie ·

En om in die publiek te wees sonder ‘n masker is ook ‘n wetsoortreding!? Of is dit net vir ons?

Harley Davidson ·

Kansvatters sonder ‘n gewete en geen vrees vir die nagevolge van jou dade nie.

Belinda ·

Regtig? As hy n Merc ry kan hy baie meer betaal! Plaas die government borgtogte soos die hoog maak sodat hul dit weer in hul eie sakke kan druk en die skelm bietjie n les leer.
Hoop hy kry n hewige “fine”vir sy dade…

Anoniem ·

Hy verwag seker om skotvry uit die hof te stap. Hy het homself dan gaan oorgee.

Tiptol ·

Al die aandag is nou net op die man oor die kar wat hy ry. Hyt niemand doodgemaak nie, niks afgebrand nie en niks afgebreek nie. Wat hy gedoen het is nie reg nie, maar die ander kom letterlik weg met moord.

Nico ·

Dit is ‘n grap dat hierdie ou borg gekry het nadat hy skuld herken hey.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.