Borgtog vir motoris wat metropolisie glo wurg

Argieffoto van ‘n voertuig van die Johannesburgse metropolisie. (Foto: Karen Sandison/ANA)

ʼn Motoris is vandeesweek op R500 borgtog vrygelaat, nadat hy glo ʼn vrouebeampte verbonde aan die Johannesburgse metropolisie (JMPD) wreedaardig aangerand en rassistiese aanmerkings toegesnou het. Die voorval het glo plaasgevind toe sy hom ná die aandklokreël aangekeer het vir roekelose en nalatige bestuur.

Volgens Xolani Fihla, woordvoerder van die JMPD, was die fiksheidsafrigter in polisieaanhouding voordat hy Maandag vlugtig in die Johannesburgse landdroshof verskyn het. Tydens die verrigtinge is borgtog aan hom toegestaan.

Dit is nog nie duidelik wanneer hy weer in die hof sal verskyn nie.

“Dit is kommerwekkend dat sulke gru-dade op ons vrouebeamptes op só ʼn ligtelike wyse hanteer word,” het sy gesê.

Die beweerde aanrander is Saterdagaand in die suide van Johannesburg deur lede van die Fidelity ADT-sekerheidsmaatskappy in hegtenis geneem.

Die vrouebeampte het die man glo opdrag gegee om in sy motor te wag nadat hy roekeloos bestuur en deur verskeie rooi ligte gejaag het. Hy het egter haar bevel verontagsaam en haar van agter gegryp en gewurg.

“Sy het amper haar bewussyn verloor voordat die man haar opgetel en op die grond neergegooi het. Hy het haar glo in die gesig geskop, gevloek, rassistiese aanmerkings gemaak en haar beledigende en neerhalende name genoem,” het Fihla gesê.

ʼn Bestuurder van ʼn e-taxi het tot die beampte se redding gekom en lede van die sekerheidsmaatskappy is na die toneel ontbied.

Die bestuurder van die JMPD het die toestaan van borgtog aan die verdagte veroordeel en gesê die metropolisie hoop steeds dat hierdie saak die nodige aandag sal geniet, sodat die skuldiges aan die pen ry.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

19 Kommentare

jongste oudste gewildste
Kobus

Geslaan ,gevloek en rassistiese opmerkings en slegs R500 borg? Wonder wat die motoris se naam is

Eiervrug

Ek praat GLAD nie die motoris se gedrag goed nie, maar ek is al persoonlik ook soos ‘n krimineel deur ons wetstoepassers behandel wat totaal onnodig is. Dis asof hulle jou probeer intimideer en bang maak. Ek kan nie sien hoe enige normale persoon dit sou doen indien hy nie uitgelok was nie. Use it, dont use it….

ES

Ek ken so paar van daardie “fiksheidsafrigters” wat bietjie te veel steroide gebruik en dan loop die testosteroon gewoonlik oor…

Ronéll

Ek veroordeel hierdie persoon se optrede in totaliteit, maar wat my grief is die feit dat hierdie voorval al dae lank in verskillende media berigte en TV gedek word, maar kom dit by plaasmoorde en aanvalle op bejaardes of sommer enige aanval op n sekere ras, word dit slegs deur sommige Afrikaanse dagblaaie gedek. Die TV nuus beskou sulke aanvalle as n nietigheid en nie nuuswaardig nie en kry as sulks geen media dekking nie.

Hennie

Hoekom sit julle die kommentaar af vir die vorige artikel oor inenting? Is julle nou ook deel van die Cancel culture? Masr hier is my kommentaar anyway: se dinges, ek sal nie die ent vat nie!