Borgtog vir pastoor wat van verkragting beskuldig word

Bekommerde inwoners het ondersteuners van past. Abednigo Mongo buite die hof in Mkhuhlu verjaag waarna die polisie ingegryp het. Foto: ANA

ʼn Pastoor van Mpumalanga het R10 000 borgtog gekry nadat hy vandeesmaand in hegtenis geneem is vir die beweerde verkragting van ʼn minderjarige lidmaat van sy kerk.

Die Calcutta-landdroshof in Mkhuhlu het die borgtog gister aan past. Abednigo Mongo (28) van die Prophetic Ministry of the Nations in Tshabalala naby Hazyview toegestaan. Hy staan tereg op twee aanklagte van verkragting en een van aanranding nadat hy glo ʼn 15-jarige lidmaat van sy kerk verkrag het.

Die gemeenskap van Mkhuhlu was woedend oor die hof se beslissing en het Mongo se ondersteuners buite die hofgebou verjaag. Die polisie moes met traangas ingryp om die ontstoke inwoners uiteen te jaag.

Landdros Tsakani Usinga het streng borgtogvoorwaardes aan die pastor opgelê en hom onder meer belet om in die Mkhuhlu-omgewing te woon. Hy sal wel toegelaat word om sy kerk een maal per week by te woon.

“Ter wille van die gemeenskap se eise weens hul skok en bekommernis moet Mongo terugkeer na sy familiewoning op Welverdiend [sowat 50 km noord van Hazyview],” het die landdros gesê. “Hy mag nie in die omgewing van Mkhuhlu gesien word nie, behalwe op Sondae, wanneer hy hierheen kom om in sy kerk te preek.”

Die pa van die 15-jarige het gesê hy is ontevrede oor die pastoor se vrylating, maar respekteer die hof se beslissing. “Ek kan niks doen aan wat die hof besluit het nie en ek moenie vergeet nie dat die pastoor regte het en borgtog kan kry omdat hy ook ʼn Suid-Afrikaanse burger is.”

ʼn Inwoner van Mkhuhlu het gesê die gemeenskap wil die plaaslike tradisionele raad nader om toe te sien dat Mongo sy borgtogbepalings gehoorsaam. “Ons voel hierdie saak was traumaties vir die meeste van ons kinders en dis nie ʼn goeie tyd nie omdat hulle binnekort eksamen gaan skryf, en [die saak] raak elke kind.”

Die saak is tot 15 November uitgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Bianke ·

Snaaks dat die nie soveel opslae maak soos die Dros Verkragter nie?

Wonder maar net wat maak die 1 saak beter as die ander?

zoom zoom ·

Bianke. Alles gaan oor die KLEUR en niks anderste. Daar is ook geen optogte deur anc of eff lede of brande wat gestig word.

jakes ·

Verkragting is n skedule 6 oortreding. Watter buitengewone omstandighede het die landros in ag geneem toe hy borgtog toegestaan het? Is dit omdat die pastoor eenkeer per week mag preek? Dan word daar gewonder hoekom ons beste regsuniversiteit (Tukkies)slegs 76 ste ter wereld gegradeer word? Wat n grap.

Irene ·

Skande een gaan tronk toe ander een kry boete vir verkragting hie werk die stelsel

watnou ·

Dis noe baaaaie gaaf. Die man kan borg kry en preek in die Kerk, terwyl n ander een wie die “K” woord gebruik geen borg kry nie ondat dit dan nou n verksiklike ERNSIGE oorgteding sou wees. Die nuwe Suid Afrika laat n mens somtyds sakter lag met n traan, somtyds hardop laat huil en die meeste is depresief. Reenboog – of depalauil nasie????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.