Borgtog vir polisiekolonel wat glo omkoopgeld vra

Kol. Mohale Andrew Masia (Foto: Valke)

Kol. Mohale Andrew Masia (Foto: Valke)

Kol. Mohale Andrew Masia (51) het Maandag in die Johannesburgse landdroshof verskyn nadat hy op aanklag van beweerde korrupsie in Sophiatown, Johannesburg, in hegtenis geneem is.

“Masia het glo in Oktober verlede jaar omkoopgeld van R6 000 van ʼn verdagte gevra en die man verseker dat hy in ruil daarvoor borgtog sou kry en dat die dossier vernietig sou word,” het brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, in ʼn verklaring gesê.

Masia is vrygelaat op borgtog van R5 000 en moet weer op 12 November in die hof verskyn. Die ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Jimmy ·

Goed so dat die fat cats gevang word in die verlede kon n mens iemand wat n Kolonel is in die weermag of polisie vertrou en het n mens respek gehad vir so n persoon , nou wat gebeur nou ?. Die Mafia polisie is aan die orde van die dag .

GES ·

Dit is maar swaar om gulsig te wees. Die vingers word elke keer in die geldlaai vas geknyp. Kry vir jou …… julle soort verdien geen respek.

Riekie ·

In die beste van tye het mens nie meer respek vd blou uniforms nie!!!!

Swanna ·

E, E, geen borgtog moet toegestaan word nie. Nou, nou raak sy dosier ook weg. Iemand wil hom ook net uit die pad kry om so sy plek in te neem om so hul self ook te verryk. Dit is hoe dit gaan in die Nuwe Suid Afrika.

neelsie ·

Kol Masia,
Wat het die rang jou gekos? Dis darem n redelike eenvoudige beginsel om te weet jy mag nie steel nie!

BUSFARK VAN PLETSEN ·

Jy kan nie vir wolf skaap wagter maak nie kyk net wat gebeer nou Ek hoop die verdere ondersoek lewer meer op

Neels ·

Hy lyk vir my na n regte krimineel met sy vet gesig, seker baie Kentucky gekoop van die omkoopgeld, dis maar die nuwe S.A. “rotten to the core”

Kobus ·

Is hy terug by die werk of is hy geskors? Hopelik sonder betaling!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.