Borgtog vir polisielede wat glo roof

(Foto: SA Polisie)

Nege lede van die polisie se taktiese reaksie-eenheid wat op aanklagte van roof, regsverydeling en meineed in hegtenis geneem is, is op borgtog vrygelaat.

Doctor Christian Maloisane, Tieho William Nkebenyane, Paseka Kelebohile Molifi, Sello Joseph Makonyane, Khotatso Prinsloo Bless, Madiboho Samuel Mokhethi en Pule Motlejoa, almal sersante, asook konst. Luzuko Cenga is op 22 September deur die provinsiale teenkorrupsie-eenheid in hegtenis geneem vir hul beweerde betrokkenheid by ʼn sakeroof wat op 20 Junie vanjaar in ʼn supermark in Kroonstad plaasgevind het.

ʼn Negende verdagte, konst. Lorato Moahlodi, is kort ná die res van die groep in hegtenis geneem. Sy was in daardie stadium in ʼn hospitaal.

Die verdagtes was na bewering besig met ʼn ondersoek in ʼn winkel in Stasiestraat in Kroonstad. Hulle het die eienaar en sy vrou in hegtenis geneem op aanklag van oortreding van die Rampbestuurwet omdat hulle sigarette verkoop het tydens die afsonderingsperiode. Die beamptes het beslag gelê op ʼn groot bedrag kontant en sigarette.

Die egpaar is later vrygelaat en die geld en sigarette is aan hulle teruggegee. Die bedrag geld wat teruggegee is, het egter verskil van die bedrag waarop oorspronklik beslag gelê is.

Brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder, het gesê die groep is op borgtog van R5 000 elk vrygelaat. Hulle moet weer in November in die hof verskyn.

ʼn Tiende verdagte, Thapelo Mokoena, wat glo ʼn informant vir die ander verdagtes was, het sy aansoek om borgtog laat vaar en bly in aanhouding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Persheks Adri ·

Magsbehep die klomp in uniform en hulle gebruik dit veral nou in lockdown tyd. Lekker in die nuwe SA viva ANC tsek man

AlWeerSo ·

Met alle respek aan geregsdienaars wat so ń groot werk doen om ons veilig te hou, maar teen die pas wat slegte polisie lede nou in hegtenis geneem word sal ons eersdaags moet tronk toe gaan om klagtes te lê!

Louwrens ·

My tuisdorp, aggeneeeeeeeee man. Nou nog meer skaam om te sê ek was ook polisie beampte daar.
SIES MAN !!!!

MCL ·

Waar is die sogenaamde geloofwaardige minsiter bheki cele nou?? Tjoepstil!! #Voetsek anc

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.