Borgtog vir polisieman wat glo vrou doodskiet

Argieffoto: SAPD, Facebook

Argieffoto: SAPD, Facebook

Die 39-jarige polisiebeampte van die Noord-Kaap wat daarvan verdink word dat hy sy 36-jarige vrou met sy dienspistool doodgeskiet het, is Vrydag op borgtog vrygelaat.

Maroela Media het vroeër berig die beampte, ʼn konstabel met 11 jaar ondervinding in die polisie, en sy vrou, Nozipho Sitlaba, het Donderdagaand glo rusie gemaak. Die beampte het sy dienspistool uitgehaal en haar vermoedelik een keer geskiet. Sy is op die toneel dood verklaar. Die beampte het sy kollegas by die polisiestasie gebel en ingelig oor wat gebeur het, waarna hy in hegtenis geneem is.

Hy is na die De Aar-polisiestasie geneem en het Vrydagmiddag in die hof verskyn op aanklag van moord.

Robbie Raburabu, waarnemende nasionale woordvoerder van die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod), het aan Maroela Media bevestig die beampte, Tabo Sitlaba, is borgtog van R1 000 toegestaan. Hy moet weer op 1 Oktober in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Marianne ·

Jammer die SAP lid verdien nie Borg nie!
Hy moet lewens beskerm nie neem nie!
Hy moet onmiddelik uit die diens tree sonder vergoeding.
Wanneer gaan die doodstraf terug gebring word?
Wanneer gaan ons veilig kan lewe??? NOOIT WEER NIE?

Cherokee ·

Jy is reg, hy verdien nie borg nie. Nou waarom is jy jammer daaroor?

J ·

Hi kry n R1000.00 borg maar Rhode 1.1 miljoen borg. Die regstelsel is n freaking joke

Cherokee ·

Wiskunde J. Ons weet reed hul skole se geskiedenisleer was ‘n boggerôp maar nou is dit duidelik hul wiskundeklasse ook.

Cherokee ·

Het gedink borgbedrag is in verhouding met die oortreding maar nou blyk dit in verhouding te te wees met kleur want julle sal my nie oortuig dat dit in verhouding is met inkomste want Rhode kry nie ‘n miljoen rand meer as die (gewese) polisieman nie.

KarooKlong ·

Kort opgesom: let wel my opinie uit afleidings:
Rhode was as ‘n vlugrisiko gesien.
Sitlaba het homself oorgegee.

vermeende ·

Kom ons kyk of die media die saak ook sal dra tot op die bitter laaste einde toe soos die Oscar saak.
Kom on kyk of die media ook in die geval die polisieman se lewe gaan ontleed met n vynekam……..ek glo nie!

Cherokee ·

Die betrokke saak sal in alle waarskynlikheid nie die nuuswaardigheid hê wat die Pistorius-saak gehad het en steeds het nie. Dit is die deel wat jy uit jou redenasie sluit. Mense het koerante gekoop om oor die Pistoorssaak te lees want hy was relatief bekend. Sal mense koerante lees om die polisiemoordenaar se saak op te volg? Vind die antwoord op jou vraag in jou eie antwoord op hierdie vrae. Ek is verbaas dat jy enigsins vra.

Pieter (Limpopo) ·

Ja n R1000 borgtog maar as n wit man verdink word moet hy R 100.000 borgtog betaal. Moord is moord hoekom nie een bedrag vir almal nie of tel jou kleur.

De Aariet ·

Na bewering het lid na sy vrou geskiet maar gemis. Sy is glo van skok aan n hartaanval dood. Sover ek weet kan hy egter nog steeds vir haar dood aangekla word aangesien dit agv sy daad tot hartaanval gelei het.

vermeende ·

cherokee jy antwoord so reg, my stelling is dat misdaad nie regtig meer nuuswaardig is nie maar eerder die doen en late van die beroemde en hier dra die media sy deel by, jaag net wins na maar versuim om neutraal te staan en die publiek ingelig te hou.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.