Borgtog vir radio-omroeper ná vriendin se moord

Donald Sebolai tydens sy vorige hofverskyning. Foto: Werner Beukes/SAPA

Donald Sebolai tydens sy vorige hofverskyning. Foto: Werner Beukes/SAPA

Die radio-omroeper wat daarvan beskuldig word dat hy sy vriendin vermoor het, is op borgtog van R10 000 vrygelaat, het The New Age Woensdag berig.

Donald Sebolai (37), ʼn radio-omroeper by Jozi FM, se moordverhoor begin op 9 Februarie in die Palm Ridge-landdroshof.

Hy word daarvan beskuldig dat hy sy vriendin Rachel Dolly Tshabalala op 29 Junie verlede jaar in sy woonstel in Jabulani, Soweto, met ʼn mes doodgesteek het. Hy is op 8 Julie in verband met die voorval in hegtenis geneem.

Die staat het borgtog teengestaan en aangevoer hy is ʼn vlugrisiko.

Die hof het vroeër gehoor Tshabalala is in haar privaatdele met ʼn mes gesteek. Die steekwonde strek van haar privaatdele tot by haar regterbobeen.

DNS-monsters van die verdagte is op Tshabalala se klere gevind. ʼn Handdoek en haar nagklere is in haar voertuig, wat verlate in ʼn oop veld in Soweto opgespoor is, gevind.

Lees vorige berigte oor die aangeleentheid hier op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.