Die Olimpiese atleet Caster Semenya sal vermoedelik 50 uur gemeenskapsdiens moet verrig nadat sy verlede week in hegtenis geneem is vir roekelose en nalatige bestuur.
Lumka Mahanjana, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in Gauteng, sê Semenya het Vrydag in die Pretoriase landdroshof verskyn nadat sy Donderdag die spoedgrens oortree en in hegtenis geneem is.
Die omstandighede rakende die 30-jarige atleet se inhegtenisneming is nie in dié stadium duidelik nie.
Mahanjana sê Semenya is ná haar inhegtenisneming op borgtog van R500 vrygelaat en beveel om die volgende dag in die hof te verskyn.
Die saak teen die bekende atleet is tot Augustus uitgestel sodat ʼn verslag oor haar moontlike deelname aan ʼn afwentelingsprogram saamgestel kan word. Indien ʼn oortreder dié program van die Nasionale Instituut vir Misdaadvoorkoming en die Herintegrasie van Oortreders (Nicro) suksesvol afhandel, kry die persoon nie ʼn misdaadrekord nie.
Nicro is ʼn niewinsgewende organisasie wat spesialiseer in maatskaplikemisdaad-voorkoming en oortrederherintegrasie.
Maroela Media het ʼn navraag rakende Semenya se inhegtenisneming aan die polisie gerig en wag op terugvoer.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
14 Kommentare
Sy het in aller yl gejaag na haar vrou toe. Verlange was groot
Lekker laat jy my nou lag.
Hoekom kry ander mense nie die opsie?!
Waarom word die persoon anders behandel ?
Wat maak haar nou spesiaal?