Borgtog vir tiener wat glo gesin wou uitwis

(Foto verskaf deur die NVG)

Drie beskuldigdes, Tumelo Mokone (23), Kagiso Mokone (23) en Onthatile Sebati (20) het Woensdag in die Brits-landdroshof verskyn. Die drie staan tereg op vier aanklagte van moord, roof met verswarende omstandighede, die onwettige besit van ʼn vuurwapen, die onwettige besit van ammunisie en diefstal.

“Die drie is vrygelaat op borgtog van R10 000 elk,” sê Lumka Mahanjana, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag (NVG).

Sebati het na bewering met haar medebeskuldigdes saamgesweer om haar gesin op 6 Desember 2016, toe sy 15 jaar oud was, uit te wis by die gesin se huis in Mmakau in Noordwes. “Sebati het na bewering na buite gegaan om water te gaan uitgooi, toe sy skote in die huis gehoor het. ʼn 42-jarige pa, ʼn 40-jarige ma, ʼn 19-jarige swanger sussie en ʼn sesjarige boetie is almal doodgeskiet.”

Sebati en haar medebeskuldigdes is op 17 en 18 Desember 2021 in hegtenis geneem ná sy haarself aan die polisie oorgegee het en skuld beken het dat sy verantwoordelik is vir die moord op haar gesin en dat sy twee persone gehuur het.

Die staat het gesê hy is in besit van bankstate wat wys dat ʼn bedrag uit Sebati se rekening na een van die Mokones se rekening oorbetaal is sodat hulle dit tussen mekaar kon verdeel. Vingerafdrukke van een van die Mokones is ook in die motor gevind waarmee Sebati se pa gery het. Hulle het ná die moorde vermoedelik dié motor as ʼn wegkomvoertuig gebruik.

Die ondersoekbeampte het getuig dat die drie beskuldigdes ooreenstemmende skuldbekentenisse ingedien het oor die rol wat hulle gespeel het toe Sebati se gesin vermoor is. Die staat het die aansoek om borgtog teengestaan, omdat hulle moontlik tereg staan op ʼn skedule 6-oortreding. As hulle skuldig bevind word, sal hulle dus lewenslange vonnisse opgelê word. Die staat het ook aangevoer dat die beskuldigdes ʼn gevaar is vir hulleself, veral wanneer die aard van die oortreding in ag geneem word.

Die landdros het hulle borgtog van R10 000 elk toegestaan op voorwaarde dat hulle elke Maandag en Vrydag in die oggend en aand by die naaste polisiestasie moet aanmeld. Hulle mag nie verhuis nie en indien hulle elders gaan oornag, moet die ondersoekbeampte in kennis gestel word van die adres waarheen hulle gaan en hoe lank hulle daar sal bly. Hulle mag mekaar ook nie direk of indirek kontak nie.

ʼn Verslag oor Sebati se geestesgesondheid is ingedien en daar is bepaal sy is geskik om verhoor te word.

Die saak is tot 30 Maart 2022 uitgestel vir verdere ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

JM ·

Dat jy op 15 al wil moor en sowaar nog jou eie gesin. Hier is groot fout in ons land!

Shakespeare ·

Dit is eintlik ongewoon en negatief van my om te sê maar ek het so ‘n minagting in ons ANC regstelsel dat ek genoop is om te sê dat die gespuis of gaan ontsnap of ‘n tikkie op die vingers gaan kry. HOE het ons tot hier gekom ????

Sarel ·

Nie een is meer Tieners nie . Hoekom word hulke wat van Moord asngekla word Borgtog toegestaan.
Sal graag wou weet op watter gronde die Borgtog
toegestaan was

Marshall ·

There is currently considerable interest in mainstream science, in polygenic behavioural traits, including violent behaviour. The preliminary investigations indicate that the genetic makeup of an individual may well play a more important role in behavioural traits than previously thought. This may well explain why certain genetic clusters are far more prone to violent crime than others. We shall have to wait for more data to prove this with a high degree of certainty. The data related to cognitive ability on the other hand, is well advanced. We can say with a very high confidence level that cognitive ability is overwhelmingly genetically determined. The Beijing Genomics institute can determine an individual’s IQ within five points with 95% confidence by analysing that individuals genome.

Casper ·

Ek kan waarborg dat as dit ons mense was sou borgtog geweier word oor die erns van die misdrywe.Skedule ses misdrywe.Wat se uitsonderlike omstandighede regverdig borg.

Maritza ·

Verstaan nie hoe moordenaars op borgtog vrygelaat word nie??

Frank John ·

Alles wat mense doen doen hulle om voordeel daaruit te trek. Ons weet nie altyd wat die voordeel is wat mense werklik volgens hulle kry of hoop om te kry deur hul dade. Wat het die persoon probeer kry deur haar ouers uit te wis. Is dit dalk wraak bevrediging, finasieële voordeel? Sal graag haar storie of antwoord wil hoor, hoekom?

Swerwer ·

6 jaar geneem, en die SAP kon nie die skuldiges opspoor nie? Sjoe, en toe het “gewete” van die “15 jarige maar nou 20” die oorhand gekry en sy gee haarself oor. Heksery, kommunisme……..wat nog. As hul skuldig bevind word? O jinne maar ons regstelsel is die beste ter wêereld! Borgtog word toegestaan. Ai, die lewe is ‘n lied in hierdie land van ons.

Delia ·

4 MENSE EN N ONGEBORE BABA DOOD….borgtog.
Ek begryp dit nie of is ek Dom.
My Oom is jare terug vermoor met n mes deur iemand wat uit was op borgtog…vir moord. Die polisie het jare gevat om die mense te vang en so waar as vet….weer uit op straat.
Die Justisie kry vet salaries. Kan hulle self in hulle huise beskerm, maar die man op straat is maar net uitgelewer.

fs ·

goeie aarde… soveel moorde met oorbedagte rade en hulle loop rond tussen ons… nou het ek alles gehoor – wat het daai regter gedink… hul gaan net weer moor of spoorloos verdwyn…tata hasie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.