Borgtog vir twee van bende wat glo vulstasie beroof, polisie oorval

(Argieffoto: SA Polisie)

Drie van die vyf vermeende gewapende rowers wat glo eers ʼn vulstasie in Limpopo beroof en toe vier polisielede op patrollie oorval en van hul wapens beroof het, bly agter tralies.

Thulane Maseko, Moses Zulu, Sifiso Ndlovu, Lawrence Shabangu en Fabio Ndlovu is glo deel van die bende wat die vulstasie op Apel, naby Lebowakgomo in Limpopo, in Junie vanjaar beroof het.

Die polisielede was in twee voertuie op patrollie by ʼn winkelsentrum in Apel, toe die swaar gewapende mans hulle oorrompel en van hul wapens beroof het.

Die verdagtes is later in hul skuilplek by die Morokoe-nedersetting opgespoor. Drie vuurwapens wat tydens die rooftog by die polisielede gebuit is, is teruggevind.

Die Mecklenburg-landdroshof het Maseko en Zulu intussen op borgtog van R2 000 elk vrygelaat.

Die twee Ndlovu’s en Shabangu se aansoeke om borgtog is van die hand gewys.

Hulle verskyn weer volgende maand in die hof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Persheks Adri ·

Hoekom borg gee? Hou die vervlakse bendes van die strate af! Hierdie regstelsel is nie reg nie… Hulle gaan dit net weer doen en kyk hoe maklik vat jy wapen af by uniform pffft

Cherokee ·

Hoekom borg gee, vra jy? Het jy nie ook al by ‘n hotel wou inboek, net om te hoor daar is nie nou plek beskikbaar, probeer later weer?

Persheks Adri ·

Dit gaan my verstand te bowe dat hulle die mense borg gee wat betrokke is by bendes Cherokee, want dit hoort nie so nie! Die ouens gaan mos weer lekker aan gaan met hul misdrywe. Hulle moet van die strate af kom

Jakes ·

Ek is stom geslaan dat dit deesdae maklik is om borg te kry vir ernstige misdade soos hierdie.

Hennie J ·

Nou vra ek maar net vir myself, soos ek verstaan was die vier beamptes op patrollie (dus waaksaam en op die uitkyk) en tog word hulle oorval en beroof van hul wapens. Dit is n bitter pil om te sluk, behalwe natuurlik as hulle besig was om in die voertuig te ontspan en aan kfc te smul!
Nietemin, om aan twee van die knape borgtog toe te staan maak n klug van ons regstelsel en van die harde werk van diegene wat hulle gevang het.

Morné ·

Bheki…..whahahaha ai nee!! Het jou kollegas nog nie jou naam gat genoeg gemaak nie hehehehehe

Einstein ·

Oorrompel die polisie wat nogal in TWEE voertuie beweeg… is hulle aan die slaap?? Lagwekkend, man!

Piet parys ·

Borgtog ???? Hulle was deel van roof . Wie is die landros wat dit toestaan.

christo ·

Dit lyk asof die regstelsel ook gekaap is deur korrupte amptenare. Hoekom het die staat nie borgtog teengestaan nie? Die regter kon ook solank die lasbrief vir inhegtenisname opstel want hulle gaan definitief nie opdaag vir hulle volgende hofverskyning nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.