Borgtog vir vier ná moord op Welgelegen-man

Polisie en die District Group-veiligheidsmaatskappy by die moordtoneel (Foto: District Group, Facebook)

Borgtog is toegestaan aan ’n 21-jarige vrou en drie minderjarige seuns wat tereg staan vir die moord op Vincent Bartes (58) van Welgelegen in Parow.

Eric Ntabazalila, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in die Wes-Kaap, sê Jamie-Lee Moses (21) en die drie minderjarige seuns, almal tussen 15 en 17 jaar oud, het verlede week in die Bellville-landdroshof verskyn.

Hulle is borgtog van R5 000 elk toegestaan.

“Die saak is tot 5 Mei uitgestel vir verdere ondersoek,” sê Ntabazalila.

Maroela Media het vroeër berig Bartes se liggaam is op 24 Januarie in sy huis in Welgelegen gevind. Hy het verskeie steekwonde aan sy lyf gehad.

Moses en die minderjarige seuns is twee dae later in Mitchells Plain vasgetrek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Misky ·

Borgtog vir moordenaars….. volgende week lees ons hulle het nog moorde gepleeg en was uit op borg. Die president en sy ministers betreur dan weer net die moorde en die lewe gaan aan vir hulle

petro ·

hoekom kry die mense borgtog hoekom word hulle nie toegesluit

Hennie ·

Dankie tog niemand het die k-woord gebruik nie, anders sou hulle toegesluit gewees het…

Blikkies ·

Hoekom kry moordenaars nog Borg in hierdie Land. Is dit net n paar van ons wat sien hulle gaan doen dit net weer , op Borg of nie…..

Jaco ·

Wat nie genoem word nie, is dat Bartes dié vrou by ‘n ontkleedans klub ontmoet het, waar sy ‘n ontkleedanseres was. As jy sulke plekke besoek en sulke mense huis toe bring, moet jy mos nou weet jy stel jouself bloot aan gevaar.

Jakes ·

Sal n regskenner asb kan verduidelik hoe op aarde n landros vir die ma en haar 3 kinders borgtog kan toestaan aangesien daar buitengewone omstandighede bewys moet word wat so iets regverdig?

Jaco ·

Waarom kla almal oor die moordenaars borgtog gekry het? Na amper 27 jaar waarin die ANC-regering toenemend anti-wit geword het, is dit mos nou logies waarom: die slagoffer is “mos maar net wit”.

Sarel ·

Borgtog …en na 4jr dasg hulle nue by die hof ol nie.
Lekka land hierdie

Ria ·

Hoe kry jy borgtog as jy iemand vermoor het. Dit gaan my verstand te bowe

Regverdigheid ·

MOORD !! en kry borgtog nee wat ons land se wette is skrikwekend regtig .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.