Patricia Ray Lee Smith (23), wat verdink word van die moord op Raymond Gregory Papapavlou, ʼn plaasvoorman van Groblersdal in Limpopo, is Vrydag in die hooggeregshof in Polokwane vrygelaat op borgtog.
Ocker Botha, Smith se regsverteenwoordiger, het aan Maroela Media bevestig hulle was suksesvol met die appèl vir die borgtog en sy kliënt is vrygelaat op borgtog van R5 000. “Die staat het weereens nie die aansoek om borgtog teengestaan nie en in hulle betooghoofde aangevoer die landdros het fouteer deur nie die borg toe te staan nie.” Dit volg ná ʼn landdros in die Groblersdal-landdroshof op 9 November nie haar aansoek om borgtog wou goedkeur nie.
Die saak is tot 2 Desember uitgestel vir verdere ondersoek.
Luidens die klagstaat het Smith en die oorledene se vrou, Simone, saamgesweer om die 28-jarige Papapavlou te vermoor. Smith is in Oktober in hegtenis geneem in verband met die moord. Sy staan tereg op aanklagte van moord en sameswering tot moord.
Die staat voer aan Smith en Simone was in ʼn romantiese verhouding betrokke en hulle het saamgesweer om Papapavlou te vermoor. Die vroue se selfoonrekords is nagegaan en dit het glo aan die lig gekom dat hulle die moord ’n geruime tyd lank op WhatsApp beplan en bespreek het.
Polisiebeamptes is in die vroeë oggendure van Maandag 5 Oktober na ’n plaas tussen Stofberg en Groblersdal ontbied waar Papapavlou se liggaam met verskeie skietwonde in een van die vertrekke in die plaashuis aangetref is. Hy het in ’n bed in een van die plaashuis se slaapkamers geslaap terwyl sy vrou glo in die sitkamer televisie gekyk het. Sy voer aan sy het ’n skaduwee in die huis gesien waarna sy ’n skoot in die rigting van die slaapkamer gehoor het. Sy het toe self skote met haar vuurwapen in die rigting van die skaduwee geskiet.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
14 Kommentare
En wanneer word Simone aangekla?
As die twee saamgesweer het, het arme Raymond Gregory Papapavlou nie ‘n kans gestaan nie. Maak die lyk soos ‘n plaas moord, maar te dom om te besef as die ondersoek eers begin het hulle nie AL die gaaitjies toe gestop nie! Investigators are not stupid!
Ek gril.
Ek is n leek, maar ons regstelsel maak net nie meer vir my sin nie. Jy word aangekla van moord, R5000 later en jy is uit op borg.
Sonder dat jy gewapen is vra jy die eff wat kom toi toi in jou woobuurt en ALLE ooreenkomste verontagsaam
“Hoekom haat jull ons so” en jy sit met jou alie in die tronk. GEEN BORG. Die 8 effers wat skade aangerig het is ook al uit op borg.
Ek is nie onnosel nie, maar goeiste, wat mis ek.
As die twee vroue saamgesweer het om die moord te pleeg, hoekom is net een gearresteer?