Borgtog vir vroue wat glo kleuter in badkamer vasbind

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

Die eienaar en ʼn werknemer van ʼn dagsorgsentrum in Rosettenville, Johannesburg, waar ʼn kleuter in ʼn badkamer vasgebind is, is Vrydag op borgtog vrygelaat, het The Star Saterdag berig.

Labeeba Truter en Nomthandazo Majeke is in die Johannesburgse landdroshof vrygelaat op borgtog van R3 000 elk. Die saak is tot 19 Mei uitgestel.

Landdros Paul du Plessis het die vroue gewaarsku dat Truter, kragtens die borgtogvoorwaardes, nie enige maatskappy mag bedryf wat verband hou met die sorg van kinders nie. Majeke mag nie enige opleiding aan kinders verskaf nie.

Die vroue is aangekla van aanranding en kindermishandeling nadat ʼn video van ʼn 21 maande oue kleuter opslae gemaak het op sosiale media. Die kleuter is by die Petite Bumper-dagsorgsentrum in ʼn badkamer vasgebind en haar mond is toegeplak, sodat Truter glo kon televisie kyk. Die Daily Sun het die video op sosiale media beskikbaar gestel. Klik hier om die video te sien.

Majeke het glo die beeldmateriaal verfilm.

Truter het aan die Daily Sun gesê sy is bewus van die voorval, maar het dit nie by die polisie aangemeld nie. Sy voer aan sy is nie verantwoordelik vir die oortreding nie en het nie geweet dit is kindermishandeling nie. -SAPA

Lees ook:
Eienaar van dagsorgsentrum amptelik aangekla
Dagsorgsentrum waar kleuter glo mishandel is, is toegemaak
Polisie soek hulp ná video oor kindermishandeling
Video: Baba vasgebind sodat versorger kan TV kyk

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.