Borgtogaansoek in Senekal-moord uitgestel

Johanna Maryna Venter en Abraham Thomas Fourie (Foto: Facebook)

WAARSKUWING: Die inhoud van die berig is grafies van aard en nie geskik vir sensitiewe lesers of kinders nie.

Die man wat vroeër vandeesmaand in Senekal in die Vrystaat in hegtenis geneem is in verband met die moord op sy lewensmaat, Johanna Maryna Venter, sal eers volgende maand aansoek om borgtog kan doen.

Phaladi Shuping, provinsiale woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), sê Abraham Thomas Fourie (52) het Vrydag in die plaaslike landdroshof verskyn waar die saak tot 9 Julie uitgestel is.

Dit volg op ’n dispuut oor of die oortreding vir doeleindes van borgtog as skedule 5 of 6 geklassifiseer word – die staat voer aan dat die borgtogaansoek as skedule 6 hanteer behoort te word, terwyl die verdediging meen dit is skedule 5.

Shuping sê argumente rakende die skedule van die oortreding en die borgtogaansoek sal tydens die volgende hofverskyning aangehoor word.

Fourie (52) word van die moord op Venter verdink nadat haar verminkte liggaam byna twee weke gelede in ’n huis in Senekal gevind is.

Maroela Media het vroeër berig die polisie is Sondag 13 Junie na die huis in Waterstraat ontbied waar Venter (48) se liggaam in ’n slaapkamer aangetref is.

Brig. Motantsi Makhele, woordvoerder van die polisie, het vroeër gesê polisiebeamptes is by hul aankoms by die huis begroet deur Fourie wat hom as Venter se man voorgestel het.

Venter is op haar rug op die bed met brandwonde aan haar gesig en twee wonde tussen haar oë aangetref. Daar is by nadere ondersoek gevind dat Venter met warm water gebrand is. Haar neus was gebreek en daar was bloedvlekke teen die mure en op die vloer.

Sy is op die toneel dood verklaar.

Fourie is later in hegtenis geneem in verband met die moord, nadat hy daaroor ondervra is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Jaco ·

Dit lyk baie na die tipiese marteling wat soms moorde voorafgaan tydens inbrake en plaasmoorde. Maar nou ja, die slagoffer was “mos maar net wit” en daar is ‘n wit naasbestaande wat geblameer kan word. Dis mos maar die gewone polities korrekte manier van moordsake op wit mense hanteer in dié anti-wit SA.

ES ·

Jaco, hoe weet jy die man is onskuldig en dat hy haar nie vermoor het nie?

jzjz05 ·

Dit is waarom die doodstraf moet terug kom om die moordenaars tweekeer te laat dink of dit die moeite werd is om te moor

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.