“Borrelende” pasverloofde juffrou in koma ná ongeluk

clara grobler erwin rademanʼn Hele gemeenskap staan saam om fondse in te samel vir Clara Grobler, ʼn onderwysers van Laerskool Rooihuiskraal in Centurion, wat sedert verlede Saterdag in ʼn koma is nadat sy in motorongeluk betrokke was.

Grobler, in haar laat 20s, is al ses jaar ʼn graad 1-onderwyseres by die laerskool en word deur die skoolhoof, Ferdie Maree, beskryf as ʼn “borrelende persoon vol energie” wat by talle skoolaktiwiteite betrokke was.

“Grobler het skaars twee weke terug ‘n nuwe voertuig gekoop. Sy het vier weke terug verloof geraak aan Erwin Rademan,” het Maree Vrydag aan Maroela Media gesê.

Volgens Maree is dit nog nie duidelik presies hoe die ongeluk gebeur het nie. Dit het in Centurion plaasgevind, en twee ander voertuie was in die ongeluk betrokke.

“Sy het ernstige hoofbeserings opgedoen en is met ʼn helikopter na die Millpark-hospitaal geneem, want dit is die beste mediese instelling vir die behandeling van sulke beserings,” het hy gesê. “Die probleem is egter dat sy nie medies het nie en dit baie duur is om haar daar te behandel.”

Leerlinge aan die Laerskool Rooihuiskraal het Vrydag met gewone klere skool toe gegaan en ʼn “nootdag” gehou waar hulle skenkings gebring het om tot Grobler se mediese onkostes by te dra. “Ons het ook Erwin se bankbesonderhede aan die ouers versprei en die terugvoer is baie goed. Selfs die omliggende hoërskole in die gebied het ingespring en die boodskap versprei om te help fondse insamel. Dit is wonderlik om te sien hoe God hier aan die werk is. Ons is vol vertroue dat ons haar vinnig gaan terugkry,” het hy bygevoeg.

Maree het gesê hy weet nog nie hoeveel fondse vandag ingesamel is nie en dat alle geld wat geskenk is, in Rademan, haar verloofde, se rekening inbetaal gaan word, aangesien hy verantwoordelikheid geneem het vir die insamel van fondse vir haar mediese onkostes.

Enigiemand wat ‘n bydrae wil maak, kan die skool skakel by 012 661 5568/9 of sien die bankbesonderhede op die foto.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

alet ·

Sterkte en glo dat dieHemelse Vader sy Hande oor haar sal hou Bid vir jou van een vd skool se Gr7 leerling se grootouers

AmY ·

Ons dink aan jou. Herstel asb heeltemal. Jy is nog jonk en jou hele lewe lê voor jou. Sterkte.xxx

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.