Bosasa: Borgtog vir voormalige tronkbaas

Linda Mti, voormalige hoof van korrektiewe dienste (Foto: Werner Beukes/ANA)

Linda Mti, voormalige hoof van korrektiewe dienste, is Donderdag in die gespesialiseerde handelsmisdaadhof borgtog van R20 000 toegestaan.

Mti het homself Donderdag aan die Valke oorgegee en staan tereg op ʼn aanklag van oortreding van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur (PFMA) en een aanklag van korrupsie.

Dit volg ná voormalige Bosasa-personeellede Angelo Agrizzi (voormalige bedryfshoof van Bosasa), Andries van Tonder (voormalige finansiële hoof van Bosasa) en Frans Vorster (voormalige werknemer van Bosasa) Woensdag in hegtenis geneem is in verband met bewerings van korrupsie, bedrog en geldwassery. Hulle is ook vrygelaat op borgtog van R20 000 elk en die saak teen hulle is tot 27 Maart uitgestel.

Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, het gesê daar is twee aktes van beskuldiging wat met die Bosasa-ondersoek verbind word. Nog twee verdagtes het ook in die handelsmisdaadhof verskyn op soortgelyke aanklagte.

Volgens die klagstaat het Mti direk of indirek ongemagtigde betalings van Agrizzi en Van Tonder aanvaar of ingestem daartoe. Hy het na bewering ook voordele van nagenoeg R1 miljoen van Bosasa en twee ander maatskappye, Sondolo IT en Phezulu Fencing ontvang.

“Die sewende verdagte is vermoedelik steeds in die VSA,” het Mulaudzi bygevoeg. Planne is reeds aan die gang om die verdagte na Suid-Afrika terug te bring.

Die saak teen Mti is tot 27 Maart uitgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Willie ·

20K se borgtog vir miljoene se plunder? Die ANC is so deursigtig!

Piet Pompies ·

Moet nie so streng wees nie, Mnr Linda het net sy werk ernstig opgeneem en is toegewyd. Hy is so toegewyd dat hy dalk binnekort permanente burgerskap in die trunk gaan kry.
Op ‘n ernstige noot, korrupsie in die staat ontneem die gemiddelde landsburger van dienste deur die staat verskaf en dit is gewoonlik arm mense wat van staats dienste gebruik maak en dan is dit die arm mense wat swaarkry.
Ek dink CR lewer positiewe instette ten opsigte van ons land en die resultate daarvan sal binnekort ekonomies sigbaar wees.
Die mynbedryf het alreeds begin kop optel en beleggings gaan volg.

Hoe nou... ·

Ek vermoed jy s veels te optimisties….ek wonder of daar nie eerder sanksies gaan wees nie?!

humor ·

OG,die advokate gaan sakke vol geld maak. Wonder hoeveel van die herwonne geld sal na al die hofsake oor wees.

Christien vd Westhuizen ·

Hoekom was sy bakkies nie ook op die voorblad van gister se Beeld nie

Stuiwer ·

Cherokee, hy behoort. En al die fluitjieblasers. Hulle moet eers aangekla word en dan sal hulle pleitooreenkoms aangaan om staatsgetuie te word.
Snaaks tog dat so min al in hegtenis geneem is. Seker maar omdat die fluitjieblasers erken het hulle was deel van die storie. Die beweringe teen die ander moet seker eers ondersoek word om prima facie saak te kry.

Wiki ·

@Cherokee. Ek stem. Met watter vrymoedigheid gaan ander getuies nou na vore kom?

Piesangrepubliek ·

Hulle gaan nie…en dis presies waarom daar ‘n voorbeeld van die huidige fluitjieblasers gemaak word. Praat oor korrupsie wat gepleeg word en jy die prater gaan sit met jou bas in die tronk!

Cherokee ·

Piesangrepubliek, dit is skokkend-moontlik dat jy reg is.. dat fluitjie-blasers met die dreigement van tronkstraf ge’shut-up’ word. Tog hoop ek jy is verkeerd. Maar as ‘n gewese hoof van die Hawks vasgetrap is, is die outoriteit daar om wat jy sê, moontlik te maak.

charmaine ·

20K is mos nou niks vir hulle, hulle het mos baie geld.

johann ·

ek wonder hoekom borg so laag vasgestel sonder
voorwaardes ???

zoom zoom ·

Nou dat my maandelikse toelaag wat by my aan kantoor afgelewer was vir goeie werk gelewer aan ‘m sekere firma gestop is k ek mie meet uit op my ou maandelikse staats besoldoging nie.
Sal dringend ‘n ander borg moet kry want ai daai bietjie geld het my soos ‘n kader laat lewe. RYK en LEKKER

Cherokee ·

Jy kan African Global Operations oorweeg vir borgskap, zoom zoom. Volgens ‘n baie betroubare bron is hulle net so of selfs meer toegewend as die Guptaniërs.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.