Bosasa: Halfmiljard se tender vir tronkheinings

Angelo Agrizzi, voormalige bedryfshoof van Bosasa (Foto: Dimpho Maja/ANA)

Angelo Agrizzi, voormalige bedryfshoof van Bosasa, het Dinsdag besonderhede verskaf oor die verhouding tussen Bosasa en die departement van korrektiewe dienste wat daartoe gelei het dat tenders toegeken is sonder behoorlike prosesse.

Agrizzi het gesê Gavin Watson, uitvoerende hoof van Bosasa, was betrokke daarby om die maatskappy Phezulu Fencing te begin en het departementele beamptes omgekoop om seker te maak dat ʼn tender, ter waarde van R486 miljoen, in 2005 aan Phezulu toegeken word om heinings om tronke op te rig sonder dat die maatskappy enige kapasiteit of ervaring gehad het om hoësekuriteitsheinings te verskaf.

Watson het Phezulu van Gloria Joseph en Jean Rodenburg oorgekoop ná die kontrak van korrektiewe dienste aan Phezulu toegeken is. Agrizzi het gesê Watson het besluit dit is nodig om ʼn aandeel in Phezulu te bekom en aansoek te doen vir die tender, omdat Bosasa negatiewe publisiteit begin ontvang het.

Volgens hom het Bosasa die tipe heining gepatenteer wat hy aan die departement sou verskaf as deel van ʼn “lewenslange besigheidsplan”.

Agrizzi het gesê die Duplo-heining is gepatenteer en ontwikkel deur Michael Rootenburg en is dus teen ʼn hoë prys verkoop. Watson het in hierdie stadium ook ʼn ooreenkoms aangegaan met Beta Fencing dat hulle materiaal teen kosprys aan Phezulu sou verskaf.

“Dis ʼn yslike kontrak; een van die grootste omheiningskontrakte ooit. Dit was ook die monopolisering van omheiningskontrakte, want sodra jy deel was, was jy vir die res van jou lewe deel daarvan. Jy het die bron beheer, die kliënt beheer, jy kon ons land verkrag, want jy kon net al hoe meer daarvoor vra,” het Agrizzi gesê.

“Buiten ʼn gebrek aan kapasiteit om die omheiningskontrak te implementeer, het Bosasa ook nie ervaring gehad nie. Ek onthou hulle het my gevra om ʼn toetspaneel saam te stel. Dit was ʼn flop. Ons kon nie eens 10 meter van die toetsheining oprig nie. Dit was ʼn groot gemors.”

Agrizzi het bygevoeg die tender is op 14 Oktober 2005 geadverteer en is toegeken aan Phezulu op 25 November. Dit was onmoontlik vir enigiemand anders om ʼn behoorlike aanbod in te dien en Phezulu het dus ʼn voorsprong gehad.

Hy voer ook aan Phezulu het ʼn ander winsgewende kontrak vir nóg ʼn Bosasa-filiaal, Sondolo IT, verseker om die instandhouding van die heining te hanteer sonder dat ʼn tender daarvoor uitgegaan het toe die kontrak verleng is.

Agrizzi se getuienis duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

MJ ·

Elke dag word hierdie nes net groter oopgeskop. Dis verby siek… en kyk net hoe lank terug dateer al hierdie dinge…

Dries du Toit ·

Feite. Na KPMG,VBS ,GUPTAS…….Ek kan aangaan ……Ons jry bet berig hieroor en ondersoek op ondersoek en een kommisie na die ander,maar NOOIT.NEVER,ZILTS, sak ons hoor van arrestasies of vervolgings nie. Als net n klomp BOLLIE.Hierdie dpul laat hulle nie keer nie. VIVA.VIVA KORRUPSIE

Andrea van Vuren ·

Al wat ek weet is dat ek ‘n geleerde vrou is met drie verpleegsielkundeboeke agter my naam. Almal voorgeskryf vir honderde verpleegstudente wat weggewys is oor geldtekort. Ek luister na die korrupsiegetuienis en wonder of daar nog hoop vir oorlewing is…

Elsa ·

You know Bosassa are at Margate Airport as well? Scanning luggage. The new name is Blackrox. Will be interesting who got what

Mellie ·

Man ek geniet nou hierdie gemors! Mens moet eintlik nie eens verbaas wees dat al hierdie dinge aan die lig kom nie. Korrupsie en selfverryking is so alledaags soos witbrood. Ek was nie vreeslik lank deel van die ‘ou regime’ nie en ja daar was sekerlik ook korrupsie – maar ten minste was dit nie ten koste van die landsburgers benadeel nie. Hospitale, klinieke, munisipaliteite, noem dit, het ge-‘operate’. Waar gaan dit eindig?

Vra maar net ·

Waar is die Watson.? Hoop nie al landuit nie. Miskien moet hy in aanhouding gehou word.

Elbie Naude ·

Gisteraand op TV nuus verklaar ou “Joker” Magashule dat die ANC nie nou al gaan optree teen hul lede wat deur ‘n enkele getuie by grootskaalse korrupsie geimpliseer word nie. Hierdie kommissie van ondersoek is nie ‘n hof nie en niemand is nog skuldig bevind nie, seg hy. Nou wat dan nou van ‘n enkele staatsgetuie wat in die Coligny hof gestaan en lieg het. Of ‘n enkele ou fototjie van kindertjies in ‘n klaskamer waar summier, onmiddelik, dadelik ‘n blanke dame geskors was. Gepraat van dubele standaarde, julle patete.

E.K. die eerste ·

Wat van die reisagentskap en dat hul glo ingestem het om hul kompers te breek en te verbrand om alle inligting oor reise te vernietig? Hoekom lees ons so min oor dit? Ons wil ALLES weet MAROELA!

HARTSEER ·

As landburgers vra ons vir meer veiligheid, skole, mediese dienste, opvoeding, openbare vervoer, ens dan is die antwoord altyd daar is nie geld nie. Nou weet ons hoekom is daar nie geld nie. Ek sak my kop in skaamte vir hierdie spul bedrieërs van ons land. Of jy nou aangekla kan word of nie, jou naam is klaar besmet met hierdie siekte. Maar nou ja ongelukkig beteken dit vir die ANC en EFF niks, hul lag net lekker .

Wynand ·

Eish! Ek is ‘n pensionaris sonder inkomste en voordele maar ek het ‘n SASSA kaart wat so R1700 maand betaal. Ek sien BOSASA betaal so R50,000 per maand (belasting vry) as jy ‘n Hoë pos beklee met voordele. Waar kan ek ‘n BOSASA kaart kry?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.