Bosasa-‘omkopery’: Agrizzi, nog 4 in hof

Angelo Agrizzi, voormalige operasionele hoof van die omstrede fasiliteitebestuursgroep Bosasa. Foto: Itumeleng English/ANA

Angelo Agrizzi, voormalige bedryfshoof van Bosasa, en vier ander amptenare wat in verband met beweerde korrupsie by die omstrede maatskappy in hegtenis geneem is, is Woensdag in die gespesialiseerde handelsmisdaadhof in Pretoria op borgtog vrygelaat.

Agrizzi is saam met Patrick Gillingham, voormalige finansiële hoof van korrektiewe dienste, Carlos Bonafacio, Frans Vorster, en die Bosasa-beampte Andries van Tonder in hegtenis geneem.

Nog twee verdagtes is in verband met die beweerde korrupsie aangekla, maar het nog nie in die hof verskyn nie en hul name kan daarom nog nie bekendgemaak word nie.

Die staat het nie vandag Agrizzi en sy medebeskuldigdes se borgtogaansoek teengestaan nie en borgtog van R20 000 elk is aan die beskuldigdes toegestaan. Die saak is tot 27 Maart uitgestel vir verdere ondersoek.

Die vyf beskuldigdes is vroeër vandag deur die Valke in hegtenis geneem op aanklagte van korrupsie, geldwassery en bedrog. Drie maatskappye naamlik African Global Operations (voorheen Bosasa), Sondolo IT en Phezulu Fencing is almal voor die hof geroep om op die aanklagte te antwoord.

Daar word beweer byna R1,6 miljard is onreëlmatig bestee in tenderprosesse vir die verkryging van dienste van die departement van korrektiewe dienste (DKD). Dié tenders is toegeken aan Bosasa en sy geaffilieerde of filiaalmaatskappye.

Brig. Hangwani Mulaudzi, nasionale woordvoerder van die Valke, het vroeër gesê die verdagtes het na bewering geskenke in die vorm van kontant ontvang, asook finansiering vir die aankoop van eiendomme, voertuie, ander bates en betalings aan reisagente vir oorsese reise.

Die inhegtenisnemings het gevolg op skokonthullings wat Agrizzi voor die kommissie van ondersoek na staatskaping gemaak het oor beweerde korrupsie en talle omkooptransaksies by Bosasa.

Mulaudzi sê een van die verdagtes wat aangekla is, is tans in die buiteland, maar is reeds in kennis gestel dat daar ʼn lasbrief vir sy inhegtenisneming uitgereik is. Die sewende verdagte is tans in Port Elizabeth, maar reëlings is reeds getref om dié verdagte binnekort na Pretoria te bring om tereg te staan op die aanklagte teen hom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

johan ·

wat van al die anc lede wat betrokke was die blankes loop alleen deur

Ekke ·

Dit gaan nie werk nie. Hul wil hê dit moet lyk of hul iets aan korupsie doen, maar hul bluf niemand. Die regte kriminele wat agter als sit is nog op vrye voet. n Mens se ik moet baie laag wees om te dink dis n stap in die regte rigting.

Anoniem ·

Hoe werk die regstelsel. Meestal blankes in hegtenis geneem. Die ander nog op vrye voet. Wat van die Watson’s hulle is die meester breins of gaan die SA regering vir hulle eers kaartjies koop om die land uit te vlug en dan jare vat om hulle te vervolg nes die Guptas

marous ·

Stuur dit na die lande wat kan sien wie die pak moet vat vir die plunderaars!

Henk ·

Ongelooflik hoe vinnig hierdie arrestasies gevolg het, maar zuma en sy mede kriminele is steeds op straat.

Geert Kuit ·

It is certain, in any case, that ignorence, allied with power, is the most ferocious enemy justice can have.
– James Baldwin

Dries du Toit ·

Fluitjie blasers is die gereg se vyande. Hulle het die korrupsie oop gevlek . Nou gaan hulle boet. Wys jou in wat se gemors hierdie land is. Kriminele is die leiers en die mense wat hulle ontbloot is die kriminele. Ons moet selfbeskikking nastreef en bitter vinnig ook

Daan Erasmus ·

Agrizzi het met die sak patats vorendag gekom. Sonder sy getuienis sou die waarheid nie uitgekom het nie. En as beloning word hy in hegtenis geneem.
Watter fluitjie blaser gaan nou nog na vore kom..

Dries du Toit ·

Jan jy is reg. Dit is presies wat gebeur in hierdie land. Ek is so ontsteld om te weet dat daar tog nog so baie mense is wat glo hy is die messias wat ons kom red het

Dries du Toit ·

Wag nou tot hy sy staatsrede gelewer het en die nasie weer n klomp valse beloftes gemaak het dan is die goedgelowige weer n rat voor die oë gedraai en dan besing hulle weer sy glorie

John ·

Dit is hoekom wittes eerste moes getuig. Die verkiesing le voor en die woede moet opbou. Hier kom nog skokkende gebeure in April tov van plase. Die ANC wil ‘n 2/3 meerderheid he; dit is die eenheid waarna CR verwys… ‘n eenpartystaat… wat ook vir die VSA beplan word via die demokrate.

Hendri ·

So only the whites are part of the corruption, vir what happened to the ANC delegates and rest… Our are they CV exempt from this because they didn’t know better… It is not about the colour of your skin, but more about ending the corruption no matter who is involved… Even Ramaphosa is nie free from this

Dries du Toit ·

Marinda ek hoop regtig jy is reg. Dalk net dalk gaan die grootste gemors nog aan die pen ry. Hoop net hulle sit nie al klaar in Dubai nie

JAN ·

Wat het van Watson geword..? Vertel sy storie met kiekies.
Hierdie nuwe wet teen haatspraak gaan alle kritiek en onthullings van die verlede probeer toemaak
Alle inligting word nou weer geklassifiseer
Die ANC het juis die geheine uit die argiewe oor die ABO openbaar.
Laaste is oor Boere Terroriste. Sal seker verban word.
Gevaarlike tye lê voor.

Johanna ·

Hierdie nuwe verwikkeling dat net blankes inhegtenis geneem word moet aan die groot beleggers wat in die land belê gewys word. Kom Agri wys hulle n punt.

Nel ·

Dis soos een ou gesê het “When exposing a crime is treated as committing a crime, you are ruled by criminals”

Nita ·

Tevergeefs soek ek die dame met die Louis Vuitton handsak, tussen die groep.

GP ·

Wou ook nou iets negatiefs skryf maar toe dink ek weer. Is ons Afrikaners nie besig om n klomp kla kouse te word nie? Ja dinge gaan nie soos dit moet nie maar wat help dit om ons self so negatief te maak? Aan die ander kant hoe anders kan mens reageer op die dinge? Dink net ons moet ons self nie te negatief maak nie.

Grysburger Pretoria ·

Geen ANC Heiliges gearresteer nie. Hierdie is duidelik ‘n sluwe skuif om fluitjieblasers te ontmoedig om met die sak patats vorendag te kom. Indien die owerhede enigsins hul onafhanklikheid wil bewys behoort hulle van die “Heiliges” voor die verkiesing te arresteer. En nie net die wat betrokke was by Bosasa nie. Van die Doodsengele wat geiïmpliseer was by die Life Esidimeni uitwissing het alreeds flink saam met die President gaan stemme werf. Hoekom loop hulle nog los rond?

Jo B ·

Nou ja…. Agrizzi moet ‘n GOUE medalje kry, al is hy in sekere opsigte skuldig… “He’s the Man”…. Hy het geweet wat hy sê en doen en so ook die gevolge vir homself…. WELL DONE OU GROOTTE. Jy het my meegevoel wat nou met jou gebeur het.

Eddy ·

Maar wat van Nomvula Mokonyana? Sy ploeter Dan net voort asof niks gebeur het nie.Aggricci het wel goeie getuienis gelewer maar toe hy die K-woord gebruik het,toe skiet hy homself in die voet.Hy kon mos dink die mense gaan dit teen hom gebruik

Johanna Botha ·

En wat van die ene met die bril wat honderde lewens van onskuldige weerlose mense gekos het by Life Esedimeni …sy loop nog lekker rond !

Linda ·

Almal is ewe skuldig, insluitende die Hawks, wat nou blykbaar nie verstaan wat hier aangaan nie of nie wil verstaan nie want hulle drink sop uit dieselfde pot uit !!! Waar is die voormalige SAL baas, kruip sy weg ens ens ens. Asseblief neem almal inhegtenis insluitende ons Hoof Regter !!!

Theresa ·

HUH??!! Hoe word die fluitjieblasers gearresteer………….??

Louis ·

Ek ruik ‘n rot. Mauluadsi kan maar verduidelik soos hy wil en loop en vertel van die maande se werk so lank hy wil. Ek glo hom nie. Ek sou graag die dossiere van hierdie ondersoek onder oë wou kry. Indien die ondersoek so lank geneem het, behoort dit teen hierdie tyd al lywige dokumente te wees. Hierdie mense is gearresteer direk na hulle getuig het. Êrens is iets nie lekker nie. My instink sê vir my hy lieg. Ek was vir 15 jaar polisiereservis en het baie sake saam met permanente polisielede deurgewerk.

FRED ·

EK STEM SAAM – WAT VAN DIE WAT HUISE GEKRY HET EN NOGAL UITGEMEUBILEER OOK – EKSTRA SALARISSE ENS. R30 DUISEND, R500 DUISEND R300 DUISEND – DIT KAN MOS NIE NET SO GELOS WORD NIE. DIS ASEMROWND – VEREGAANDE – NIE N WONDER DIE LAND IS BANKROT NIE.

Christo ·

Hierdie is niks anders as die ANC regering se taktiek om mense te intimideer om te bang te wees om voor die ANC se kommissie oor staatskaping te getuig. Fluitjieblasers word geïntimideer en daarom sal getuies nie getuig nie. Die getuies van Bosasa en regeringsdepartemente is reeds gearresteer om te wys die ANC sal getuies om een of andere rede arresteer. Ek sal ook liewer getuig dat ek niks kan onthou nie ‘n Toe bek is ‘n heel bek. Aangesien daar geen tipe van immuniteit vir getuies is nie sal ek ook niks sê wat my sal inkrimineer nie. Die verslag is nog nie bekend nie maar die ANC ‘GESTAPO’ is op getuies wat getuig het. Hierdie is niks anders as ‘n ANC oëverblindery vir die res van die wêreld nie. Ramaphosa sal in elk geval maak asof hy van niks geweet het nie. Die hele ANC is korrup en sal nogsteeds kiesers omkoop om vir die ANC te stem. Die verslag sal nie die papier werd wees nie.

Charlene ·

Moenie te haastig wees nie. Onthou, die hele ding met die Zondo kommissie is nog in proses, waartydens die bogenoemdes reeds getuig het. Alhoewel hulle fluitjie blasers is, het hulle volgens self-erkenning bedrog en meer gepleeg. Dit is onwettige optrede en moet gestraf word. Diesulkes wat geimpliseer is, moet nog ondersoek word. Daar is baie getuienis en ondersteunende getuienis teen hulle. Weereens, dit is ‘n proses. Verder, nog nie almal is gearesteer nie. Daar is geen rede waarom Watson gevrywaar is teen arrestasie nie. Onthou, twee mense, wie se name nog nie genoem mag word nie, moet nog gearresteer word. Ek dink net daar word onlogies hier in die kommentare ge-‘redeneer’. Gee die proses kans, lees die berig behoorlik en hou dan dop.

Dries du Toit ·

Charlene jy is reg maar ons ken mos hierdie korrupte spul. Ons weet mos wat gaan gebeur. Hoeveel kommisies is al lankal afgehandel sonder dat hooggeplaasde ANC kaders vervolg word

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.