‘Bosasa-personeel moet nou in tronke gaan werk’

Argieffoto Foto: veooz.com

Die polisievakbond, Popcru, het Sondag gesê hy dring daarop aan dat die departement van korrektiewe dienste (DKD) nou die Bosasa-werknemers in diens neem wat werkloos gelaat is nadat die beleërde maatskappy om likwidasie aansoek gedoen het.

Bosasa, tans bekend as African Global Operations, het besluit om om vrywillige likwidasie aansoek te doen nadat banke hul rug op die omstrede maatskappy gedraai en besluit het om nie langer met hom sake te doen nie. Die maatskappy het gesê sonder ʼn bankrekening om sake te doen, is sy hande afgekap en moet hy noodgedwonge om likwidasie aansoek doen.

Bosasa se probleme het begin toe Angelo Agrizzi, voormalige bedryfshoof van Bosasa, voor die kommissie van ondersoek na staatskaping getuig het oor hoe omkooptransaksies by die maatskappy glo volop was om ANC-hoës en regeringsringkoppe om te koop en staatstenders te bekom.

Bosasa, onder leiding van sy uitvoerende hoof Gavin Watson, het gesê die omvang van die skade aan sy aansien deur dié bewerings het daartoe gelei dat plaaslike en internasionale banke weier om enige iets met die maatskappy te doen te hê.

Die maatskappy het miljarde rande se kontrakte oor meer as tien jaar vir die DKD uitgevoer en spysenieringsdienste aan meer as 20 Suid-Afrikaanse tronke voorsien. Popcru meen die Bosasa-werknemers wat hul werk nou kwyt is, kan in die gevangenisse se kombuise uithelp.

“Soveel as wat ons die besluit ondersteun om Bosasa te likwideer, word onskuldige werknemers nou deur ongeregverdigde werksverliese in die gesig gestaar en kan hulle nie bloot eenkant toe geskuif word nie. Hulle moet almal deur die korrektiewe dienste in diens geneem word en voortgaan met die belangrike werk wat hulle doen, want hulle kan nie die offerlammers wees van ʼn ongewenste situasie wat nie hul eie skuld is nie. Hulle kan noodsaaklike vaardighede aan gevangenes oordra wat sal bydra tot hul rehabilitasie,” lui ʼn verklaring deur Popcru.

“Ons wil veral daarop wys dat geen huidige korrektiewe beamptes nou geskuif kan word om in die kombuise te werk nie aangesien ons reeds sit met ʼn personeeltekort en oorvol tronke. Hierdie selfgemaakte dilemma moet nie uitloop op onsekerheid en verandering nie.”

Die DKD het verlede week gesê hy het ʼn operasionele sentrum opgestel waar werkspanne onder leiding van spanleiers werk om ʼn intensiewe bedryfsplan aan die gang te kry sodat daar ʼn gladde oorskakeling is indien spysenieringsdienste gestaak word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Snowflake ·

In tronke gaan “werk”?? Hkm moet hulle is so lig daarvan af kom?? Totaal onaanvaarbaar….

semaarnet ·

Lees die berig noukeurig, dit gaan oor die werkers en nie die werkgewer !

Snowball ·

Snowflake, Popcru eis werk vir Bosasa werkers wat werk gaan verloor agv likwidasie. Dis nie werk ipv tronkstraf nie.

Henk du Toit ·

As julle lank genoeg wag kan Gavin Watson en sy kornuite sommer self en gratis in die kombuise kom werk.

Wonder ·

Hoe is dit dat Gavin Watson nog vry rondloop? Het iemand al gaan kyk na sy en sy vrou/ familie se bankrekenings ens ens ens? Ek wonder of daar n enkele tender is wat Bosasa en Watson wettiglik verkry het

Kobus Steyn ·

stem saam hoekom is Watson nog op vrye voet. Neem die wetter in hegtenis en vervolg hom. Of is dit nog n Steinhof waar ene Markus lekker sit en lag. Wonder maar net.

christa ·

die unies het meer se as CR. Hulle dreig links en regs maar niemand stop hulle nie. Waarom hulle nog enigsins toegelaat word om te funksioneer sal net ANC weet

Oujongvrou ·

Die eerste ding wat fout is in die tronke is die feit dat hulle van spysenering dienste gebruik maak. Laat die skelm goed wat toegesluit is self kos kook. Hulle hoef mos nie ster kos te eet nie. Ek moet self kook so waarom nie hulle ook nie.

marco polo ·

Oujongvrou, ek het daardie selfde ding gese, maar Maroela het seker nie van my antwoord gehou nie. Voor 1994 het gevangenes wat kokke was in gevangeniskombuise gekook vir almal. Ek verstaan nie hoekom hulle toe ewe skielik spyseniers moes kry nie, dalk het hulle ook nou die reg om te staak.

TB ·

Oujongvrou Die gevangenis maak self kos. Die tronk het nie mense wat spyseniering doen nie

anon ·

Ek wil weet die mense in die tronke was jare terug gebruik om werk te doen tuine met Groente ens kos gemaak wat is nou verkeerd……. dit gaan baie koste bespaar en hulle uit die kwaad hou.

Nico ·

Die voormalige HUB Agrizzi het nie die fluitjie geblaas nie. Hy het die VUVUZELA geblaas!!

GM ·

Oujongvrou, jy vat die woorde uit my mond uit. Ek kan nie sien hoekom hulle so bederf moet word met ons belastinggeld nie. Wetsgehoorsame mense het meer bekommernisse as die klomp in die tronk. Dak oor hul koppe, kos om te eet, kan studeer – als verniet.

George in Bloem ·

Sou ‘n oulike plan gewees het as die base ook daar kon wees,maar aan die abderkant van die tralies……dus waar hulle hoort as daar enige geregtigheid nog in hierdie land was.

TB ·

Maroela het ni my vorige kommentaar geplaas ni. Laat ek maar weer begin. Dis ni so maklik soos popcru dit stel nie. Jy stap nie net in n tronk se kombuis en hou jou lyf n kok nie. Wat gaan hul kook? Kool pap en spinasie? Ons werk met krimenele, baie is geharde krimenele. Poste by DKD word geadverteer en daar prosesse, kandidate word gekies en onderhoude word gedoen, dan moet hulle college toe gaan, jys vir 12 maande n “learner”. En nie noodwendig gaan jy n pos in die kombuis kry nie. Die gevangenisse maak self die kos. Ai Popcru!!

T Hoy ·

Kan nie verstaan hoekom moet ander onskuldiges daaronder lei nie. Daar moet op almal wat onwettig geld gekry het en ook aan die lekker koek gedeel het se besitiings beslag gele word, so kan jul van die gelde terug verhaal. ( wat miljarde kan wees) Maar hulle vat te lank en gee almal kans om van die bewyse ontslae te raak. Tree daadwerlik en dadelik op.

TB ·

Oujongvrou Die gevangenis maak self kos. Die tronk het nie mense wat spyseniering doen nie

Isaac Cloete ·

Dis n fine chick. Baie v Bosasa se werkers is goed opgeleide professionele mense. Laat die skelms eerder in die kombuise en toilette by die tronke gaan werk totdat hulle(geldstelers) swaar vonnisse moet begin uitdien. IJJ

Akademi Buktu ·

Terwyl POPCRUaan die woord is – hulle was en is ‘n sleutelrolspeler in die vergroting en intensifisering van kriminaliteit in SA. Hulle het leiding geneem om slegtigheid in leierskap op alle vlakke by Polisie en DKD vas te maak. Dit geld ook t.o.v. algemene werketiek en werktrots.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.