Bosasa: Só het geldwassery gebeur

Andries van Tonder. Foto: ANA

Bosasa het vals fakture geskep en fiktiewe maatskappye ingespan om geld bymekaar te maak vir omkoopgeld aan korrupte senior regeringsbeamptes.

Andries van Tonder, voormalige hoof- finansiële beampte, het Woensdag by die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping getuig dat Gavin Watson, hoof van Bosasa, gereeld kontant van die maatskappy se bankrekening geëis het. Hy het geleidelik al hoe groter bedrae kontant geëis en sodoende het dit ʼn regulatoriese risiko vir Bosasa geword.

Volgens Van Tonder het die maatskappy toe verskeie onwettige maniere gebruik om kontant in die hande te kry, waaronder die eis van kontant vir die aankope van fiktiewe goedere.

“Die versoeke vir kontant het oor die jare toegeneem. Kontanttjeks is uitgereik deur maatskappye binne die [Bosasa] groep en rekwisisies en vals fakture vir kontant om fiktiewe entiteite te betaal, is aangestuur. Verder is daar geld gevra om ʼn fiktiewe arbeidsmakelaar in kontant te betaal,” het Van Tonder gesê.

Daar is ook van sterftevoordele gebruik gemaak vir geldwassery, het Van Tonder getuig. Afskrifte van Metropolitan-begrafnispolisse is ingestuur vir kontanteise. ʼn Maatskappy genaamd Equal Trade Pty, wat besit word deur Gregg Lacon-Allen, is ook gebruik om toegang tot kontant te kry en van die weeklikse bestellings was “1 ton hoender”, ʼn kode vir R1 miljoen.

“Watson sou vir ons sê hoeveel benodig word. Byvoorbeeld, 1,5 ton was R1,5 miljoen. Ek het die kontant afgehaal en by ʼn vulstasie of winkelsentrum naby Lanseria-lughawe afgelaai.”

Volgens Van Tonder is daar tussen R4 en R6 miljoen kontant vanaf Equal Trade verkry en vir omkoopgeld gebruik. Hy het gesê hy het in 2005 die kontant begin afhaal en het maandeliks kontantbetalings ter waarde van R20 000 daarvoor ontvang tot hy die maatskappy in November 2017 verlaat het.

Van Tonder het ook oorsese vakansies, bande en instandhoudingsdienste vir sy motor sowel as opknappings aan sy huis ontvang vir sy moeite.

“Ek dink al die voordele was bedoel om seker te maak ek bly stil. Watson sou vir my sê ‘onthou, jy is nou in die gedrang’.”

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

22 Kommentare

jongste oudste gewildste
Johann cb

My vraag bly stééds: Hoekom het die bank/banke/finansiële instansie niks agter gekom nie?!
En wié is die individue wat fisies die geld in die Bosasa-kluis hanteer het?!

Jerry

Mense moet hulle nie laat mislei deur nou te dink dat met die Guptas en Watson is dit skelm besigheidsmanne wat arme korrupte ANC kaders ingetrek het nie. Die Guptas en Watson is lede van die ANC, hulle beklee spesifieke portefeuljes. Dit was alles so beplan, die korrupte kaders was ook vooraf deel van die plan. Bosassa en die Guptas was die instrumente wat deur die ANC in plek gesit was om die geld vir selfverryking te was en so is daar nog diesulkes wat ons nog nie van weet nie. Die plan en selfverryking strek so ver as tot… Lees meer »

Lou

Ek sou kon doen met so “een ton”……☺

wilma

Ja, ek het altyd gewonder hoekom die meeste eerlike persone arm bly!

Sarie

Nou waar is al die hoenders dan nou? LOL