Bosasa: Só het geldwassery gebeur

Andries van Tonder. Foto: ANA

Bosasa het vals fakture geskep en fiktiewe maatskappye ingespan om geld bymekaar te maak vir omkoopgeld aan korrupte senior regeringsbeamptes.

Andries van Tonder, voormalige hoof- finansiële beampte, het Woensdag by die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping getuig dat Gavin Watson, hoof van Bosasa, gereeld kontant van die maatskappy se bankrekening geëis het. Hy het geleidelik al hoe groter bedrae kontant geëis en sodoende het dit ʼn regulatoriese risiko vir Bosasa geword.

Volgens Van Tonder het die maatskappy toe verskeie onwettige maniere gebruik om kontant in die hande te kry, waaronder die eis van kontant vir die aankope van fiktiewe goedere.

“Die versoeke vir kontant het oor die jare toegeneem. Kontanttjeks is uitgereik deur maatskappye binne die [Bosasa] groep en rekwisisies en vals fakture vir kontant om fiktiewe entiteite te betaal, is aangestuur. Verder is daar geld gevra om ʼn fiktiewe arbeidsmakelaar in kontant te betaal,” het Van Tonder gesê.

Daar is ook van sterftevoordele gebruik gemaak vir geldwassery, het Van Tonder getuig. Afskrifte van Metropolitan-begrafnispolisse is ingestuur vir kontanteise. ʼn Maatskappy genaamd Equal Trade Pty, wat besit word deur Gregg Lacon-Allen, is ook gebruik om toegang tot kontant te kry en van die weeklikse bestellings was “1 ton hoender”, ʼn kode vir R1 miljoen.

“Watson sou vir ons sê hoeveel benodig word. Byvoorbeeld, 1,5 ton was R1,5 miljoen. Ek het die kontant afgehaal en by ʼn vulstasie of winkelsentrum naby Lanseria-lughawe afgelaai.”

Volgens Van Tonder is daar tussen R4 en R6 miljoen kontant vanaf Equal Trade verkry en vir omkoopgeld gebruik. Hy het gesê hy het in 2005 die kontant begin afhaal en het maandeliks kontantbetalings ter waarde van R20 000 daarvoor ontvang tot hy die maatskappy in November 2017 verlaat het.

Van Tonder het ook oorsese vakansies, bande en instandhoudingsdienste vir sy motor sowel as opknappings aan sy huis ontvang vir sy moeite.

“Ek dink al die voordele was bedoel om seker te maak ek bly stil. Watson sou vir my sê ‘onthou, jy is nou in die gedrang’.”

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Johann cb ·

My vraag bly stééds: Hoekom het die bank/banke/finansiële instansie niks agter gekom nie?!
En wié is die individue wat fisies die geld in die Bosasa-kluis hanteer het?!

Robert ·

Johann cb gaan deur die bewyse wat Agrizzi uitgebring het dan sal jy sien wie die geld in die Bosassa kluis hanteer het, die rede hoekom niks snaaks agter gekom is nie is dat daar massas fiktiewe fakture uitgereik is wat die transaksies “legal” laat lyk. Daar is heelwaarskynlik ook ouditeure omgekoop.

Johann cb ·

Hi Robert, ek het nie toegang tot bewysstukke nie. Die vraag bly egter hoekom banke tussen R4 en R6 miljoen rand maandeliks hanteer en nie lont ruik nie! Onthou, bankamptenare is ook omkoopbaar!

Jerry ·

Mense moet hulle nie laat mislei deur nou te dink dat met die Guptas en Watson is dit skelm besigheidsmanne wat arme korrupte ANC kaders ingetrek het nie. Die Guptas en Watson is lede van die ANC, hulle beklee spesifieke portefeuljes. Dit was alles so beplan, die korrupte kaders was ook vooraf deel van die plan. Bosassa en die Guptas was die instrumente wat deur die ANC in plek gesit was om die geld vir selfverryking te was en so is daar nog diesulkes wat ons nog nie van weet nie. Die plan en selfverryking strek so ver as tot by elke liewe kader wat waar ookal aangestel is. Hierdie was n totale ANC georkestreerde plan om die geldmag te bekom en wit monopolie te breek.

Ig ·

Ek ook Lou, maar jy bedoel seker “1 Ton” per maand. Dit behoort my net net in die groen inhelp.

Karinda ·

Ja nee ek het ook al gewens ek kan my 1 ton kry per maand maar in my geval sal dit seker regte hoenders wees. Soos om op die lughawe te staan as my skip inkom – ugh!

wilma ·

Ja, ek het altyd gewonder hoekom die meeste eerlike persone arm bly!

Michael ·

Jerry as jy nog nooit die waarheid gepraat het nie was dit nou my maat dit is so, beter kon jy dit nie stel nie.

Eléne ·

Ek is net verstom dat n gekwalifiseerde rekenmeester wat finansieëlebestuurder is nie kan besef wat die gevolge van al sy sogenaamde‘moeite’ sou wees nie?

10 TON ·

Mensig maar die ou “spulletjie” is darem maklik omkoopbaar. Swaai net ‘n paar rand voor hulle neuse en jy kan met hulle maak net wat jy wil.

Hoc est bellum ·

Die antoniem van die Robin Hood-verhaal: Vat van die rykes en gee aan diegene wat nog ryker is. My moeder het altyd gesê dat daar in die Bybel geskryf staan dat niks verborge sal bly nie.

Johanna Botha ·

Hoor al die goed maar NIKS gebeur nie …. HALLLOOOOO !

John ·

?.. en Zuma sè skynbaar, volgens die Ingelse pers, dat 9 jaar van sy lewe gemors is… Die oom bedoel seker hy het baie in 9 jaar gemors. Maar nou het hy kans om by die Oscars se sing, in the Mummy 9 te speel en… Ons lank laas ‘n 007 gesien. Leef die ou met die staalkakebeen nog.

JAN ·

Vraag is steeds: wat gaan ek en jy daaromtrent doen?
Slegs Orania het ń alternatiewe plan vir alle volke se soewerenkteit selfbeskikking basseer op eie arbeid.
Dit is presies waaroor Brexit en Trump se muur gaan.
Brexit herhinder aan ons eie uittrede uit Statebond
Sirkus.
Maar ons sal dit SELF moet doen.
Voogdyskap is soos die muur uitgedien ?? Of nie ?

Adam ·

Interressant hoe almal stil is wanneer hulle uit ‘n trog vreet en eers aan die praat raak wanneer hulle tronkstraf in die gesig staar. Hierdie ander klomp is maar net so skuldig soos Watson.

Michelle ·

Almal het lekker op die sous (gravy)trein gery doen dit nog steeds, boek skrywerse sal later ‘n paar rand maak uit klein kinders oor die verhale in die geskiedenis en die belasting betaler van vandag sal al die hof onkoste betaal en elkeen wat saam trein was sal later agter oorsit afgetree en vir mekaar vertel “ek het hou gesê daar sal niks van kom nie”

Dries du Toit ·

Net soos Jerry sê. Die nuwe ANC het die ou ANC omgekoop. Daai Watsons was almal ANC kaders

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.