Bosasa-tenderbedrogsaak uitgestel

Angelo Agrizzi in die hof (15 Oktober 2020) (Foto verskaf)

Die bedrogsaak van R1,8 miljard tussen die departement van korrektiewe dienste en Bosasa is Vrydag in die Pretoriase gespesialiseerde handelsmisdaadhof uitgestel.

Die saak is tot 26 November 2020 uitgestel, het Sindisiwe Twala, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag, gesê.

Die beskuldigdes is voormalige kommissaris van die departement Linda Mti, voormalige finansiële beampte van die departement Patrick Gillingham, voormalige finansiële hoof van Bosasa Andries van Tonder en voormalige bedryfshoof van Bosasa Angelo Agrizzi.

Agrizzi was nie Vrydag in die hof nie omdat hy in die hospitaal opgeneem is.

“Hulle staan almal tereg op aanklag van bedrog, sameswering om bedrog te pleeg, korrupsie en geldwassery. Klagtes hou verband met vier tenders wat van Augustus 2004 tot en met 2007 aan Bosasa en sy filiale toegeken is ter waarde van meer as R1,8 miljard. Kontrakte is toegeken vir die verskaffing van spyseniering en opleidingsdienste, installasie van kringtelevisiekameras, grensdrade en die verskaffing van televisie- en moniteringstelsels.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Chris ·

Minstens het niemand gekla oor die diens, kos, mediese hulp en so aan, terwyl bosasa die dienste gelewer het nie. ” Only the Best”

Strandloper ·

Glo nie hy gaan ou bene maak nie, maar hy moet sy laaste dae geniet in die 5 ster verblyf wat hom regtig toe kom.

Johanncb ·

Mag ons weet wat fout is met hom? Of gaan hy dalk na ‘n hospitaal in Italië oorgeplaas word?

Hannes ·

Hospitalisasie is net ‘n skuiwergat. Ou dikkes maak net soos Zuma en Schaik en het moontlik sy dokter ook goed betaal om hom op te neem. So word die hofsaak uitgerek. Met behoorlike ondersoek sal hul bevind hy het ook maar net ippikonders.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.