Bosasa-werknemer moes glo soms beeldmateriaal verwyder

Richard le Roux, oudwerknemer van Bosasa (31 Januarie 2019) (Foto: Karen Sandison/African News Agency/ANA)

Richard le Roux, IT-kenner van Bosasa, het Donderdag aan die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping getuig hoe hy opdrag gegee is om beeldmateriaal te verwyder wat wys dat ANC-beamptes die maatskappy se perseel besoek.

“Ek was in beheer van die sekuriteitskameras by die hoofkantoor en die instandhouding van die kamerabediener. Ek is ʼn paar keer opdrag gegee dat, elke keer wat ʼn BBP of ʼn BBBP die perseel besoek, ek die beeldmateriaal op die kamerabediener moet verwyder. Die opdrag het gewoonlik van Angelo Agrizzi (voormalige bedryfshoof van Bosasa) of Gavin Watson (uitvoerende hoof van Bosasa), gekom,” het Le Roux gesê.

Hy kon nie al die hooggeplaastes onthou wat die perseel besoek het nie, maar onthou dat hy beeldmateriaal verwyder het waar oudpresident Jacob Zuma vergesel word deur voormalige raadsvoorsitter van die SAL Dudu Myeni en huidige polisieminister Bheki Cele.

Hy is later uit die amp verwyder om die sekuriteitskameras te beman, “omdat hy nie meer vertrou kon word nie”.

Le Roux se vrou en hul twee seuns is ook werksaam by Bosasa (nou bekend as African Global Operations). Hulle bly op die maatskappy se perseel in Krugersdorp.

Die IT-kenner het vroeër getuig oor die installasie van sekuriteitstelsels by verskeie hooggeplaastes se eiendomme waarvoor Bosasa betaal het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Dries du Toit ·

Hulle bly op Bossasa se perseel. Dit wys vir jou hoe Watson mense totaal afhanklik gemaak het van hom. Dank die Vader dat hierdie fluitjie blasers se gewetes hulself kon verlos het van die houvas wat die Watson op hulle gehad het. Hoop regtig net dat hulle nie vervolg word nie. Hulle is eintlik helde

Snowflake ·

Kan net wonder hoe “veilig” hierdie fluitjieblasers na dese gaan wees??

Flip ·

Ek se julle…..as daar nou iemand is van die produsie huise wat wakker is …..hier n n flik in wording….want wragtig ….wat nog!!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.