#Bosasagate: Maimane sal betoging lei

Mmusi Maimane, leier van die DA (Foto: Twitter via ANA)

Mmusi Maimane, leier van die DA, sal Vrydagoggend ʼn betoging lei buite die hoofkantoor van die omstrede fasiliteitebestuursmaatskappy, Bosasa, wat nou as African Global handel dryf.

“Die jongste bekentenis deur pres. Cyril Ramaphosa dat Bosasa minstens R500 000 bygedra het tot sy veldtog vir president van die ANC is niks anders as omkoopgeld nie en dit moet omvattend ondersoek word,” het die party in ʼn verklaring gesê.

“Bosasa het vroeër geld na verskeie ANC-LP’s, ministers, senior beamptes en nou ook die president en sy familie gekanaliseer. Die maatskappy, wat R10 miljard in regeringstenders en -kontrakte ontvang het, word ook geïmpliseer in bedrog en korrupsie, aldus ʼn ondersoek deur die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE). Die president moet ten volle aanspreeklikheid aanvaar vir sy verhouding met korrupte ondernemings.”

Phumzile van Damme, woordvoerder oor korrupsie vir Team One SA, en Natasha Mazzone, woordvoerder vir Team One SA oor staatskaping, en die DA se provinsiale leier, John Moodey, sal by Maimane aansluit.

Die betoging vind om 10:30 in Krugersdorp plaas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

RG ·

Liewe vader maar die kokkerotte peul darem nou oral uit. VROT!

Geregtigheid ·

wanneer die hitte van die stoof warm word begin die kokkerotte dans.

Johann ·

Kern Korrup! En maak nie saak WAT van WIE op die lappe kom nie, dis bloot nog bevestiging van wat SA van vrot is… ONAANTASBARE VERGRYPERS! Lekker sam in die kaste en beusies en begrotings en cover vir mekaar. Nuutse as bewys, die ANC wat se wat RAMAPOZA oor blatant gelieg het in Parlement is OK!

GP ·

Wil nie vir CR opkom nie maar se hy verloor presedentskap wie gaan dit oorvat? Zuma se vrou of dalk Mabuza?
Se nie hy moet weg kom met als nie maar dink hy is steeds een van die beter opsies.

Oujongvrou ·

Wel die enigste een sover wat nie korrup is nie is.,!!! Mumusi. Die antwoord is voor die hand liggend. Kry die ANC uit die leierskap. Hulle vrot van bo tot onder. En hulle gulsigheid ken geen perke.

Akademi Buktu ·

Mmusi – ‘n politieke “todler” wie se aktiwiteite daaruit bestaan om sy speelgoed uit die kot te gooi as president?

Dries du Toit ·

‘N Volkstaat is ons enigste opsie. Daar waar ons regeer kan word deur mense wat ons waardes, geloof, en kultuur deel.

Twakkie ·

Maimane ‘n “toddler wat sy speelgoed uit sy cot gooi”? Só belaglik as mense se indruk van leiers bestaan nét uit twak wat sy politieke teenstanders êrens in die media kwytgeraak het. Dieselfde as SAners wie se totale kennis van pres. Trump leun op wat hulle by CNN hoor, die politieke opposisie in die VSA se spreekbuis. Of by ons eie media, wat ook steun op dieselfde politieke opposisie se menings. As jy vir Maimane wil oordeel, luister na en lees sy eie menings en volg die DA se prestasies in munisipaliteite waar hulle so suksesvol regeer. Patricia de Lille is haar lewe lank al ‘n “loose cannon” wat vernietig waar sy gaan. Zille is ‘n tipiese “ou wit liberaal” wat steeds veg teen apartheid en nie deur mense soos De Lille kan sien nie. Gelukkig is Zille op pad uit en die nuwe geslag in die DA begryp dat hulle ondersteuners kultuur in gemeen het, nie ras of taal nie. Almal in die land wat ‘n werk op meriete soek, en die eie huis en gesinslewe wat daarmee saamgaan. Ek meen tog dié groep van alle rasse en gelowe kan mettertyd groot genoeg word om ons land uit die moeras op te trek. En ek verag die hoofstroommedia wat die DA probeer kelder en die ANC ondersteun, bloot om eie finansiële voordeel. Ons eie land se “swamp”: die regerende party en die hoofstroommedia.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.