Bosbokrand-ongeluk eis 8

(Foto verskaf)

JONGSTE: Die polisie het Sondagoggend bevestig die agtste persoon het ook aan sy beserings beswyk. 

Meganiese toerusting moes gebruik word om die oorskot te verwyder van sewe persone wat dood is in ʼn ongeluk op die R40 tussen Dwarsloop en Violetbank in Bosbokrand in Mpumalanga.

Twee motors het mekaar Saterdagaand omstreeks 21:00 reg van voor getref, het Moeti Mmusi, woordvoerder van die departement van gemeenskapsveiligheid, gesê. Een persoon het kritieke beserings opgedoen.

“Die bestuurders van albei motors het ook noodlottige beserings opgedoen. Sewe persone is op die toneel dood verklaar. Elke motor het vier insittendes gehad, met die bestuurders ingesluit.”

ʼn Ondersoek word gedoen om die oorsaak van die ongeluk te bepaal.

 

*Die opskrif van die berig is ná publikasie aangepas om die agtste slagoffer in te sluit. -Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

3 Kommentare

jongste oudste gewildste
Andre

Baie tragies. Eienaardig al die kop aan kop botsings. Net so eienaardig dat verkeersbeamptes net ry tot by die spoedkameras. Arive alive het seker ‘n goeie plan, wat ook al.

Daniel

Die kop aan kop botsings is ‘n teken dat mense verbysteek waar dit nie veilig is of waar hulle nie kan sien of daar ‘n aankomende voertuig is. Dis uiters nalatig en stel ander padgebruikers in gevaar

Johan

Intussen ry meeste “motoriste” daagliks na donker, nog steeds sonder hul motorligte, rustig voort. Kyk maar om julle heen, ligte aansit is nie ‘n peoriteit nie…..