Boschkop-kleinhoewemoord: Dood van geliefde ‘ysterbroer’ ruk gemeenskap

Eva en Henry Kirstein. Foto: Verskaf

Eva en Henry Kirstein. Foto: Verskaf

ʼn Gebroke familie wat vanjaar die geliefde sakeman, pa en buiteleweliefhebber Henry Kirstein se 60ste verjaardag sou vier, tref nou sy begrafnisreëlings nadat hy tydens ʼn kleinhoewe-aanval buite Pretoria voor sy vrou, Eva, doodgeskiet is.

Maroela Media het Vrydag berig Henry is Donderdagaand in sy huis op ʼn kleinhoewe in die Mooiplaats-omgewing naby Boschkop, oos van die stad, doodgeskiet toe minstens sewe aanvallers toegeslaan het.

Die aanvallers het toegang tot die goedbeveiligde kleinhoewe verkry deur twee veiligheidswagte te oorval en met gewere aan te hou nadat hulle vermoedelik vroeër die dag die heinings geknip het. Een van die wagte is by die hek vasgebind en hulle het die ander wag tot by die huis gedwing waar hulle Henry, sonder om ʼn woord te sê, in die rug geskiet het terwyl hy aan die kombuistafel gesit het. Hy is op die toneel dood.

Hulle het vir Eva gedwing om die kluis uit te wys waarna hulle onder meer met R800 000, Amerikaanse dollars en twee vuurwapens op die vlug geslaan het.

Leon Kirstein (45), Henry se stiefbroer, het Maandag aan Maroela Media gesê die familie sukkel om hierdie “sinnelose, koudbloedige” moord te verwerk.

“Dit bring soveel hartseer vir ons familie. Henry was seker die hardwerkendste man op Gods aarde. Sy familie was sy alles en ons is ʼn groot familie,” het hy emosioneel gesê.

Henry was in ʼn vennootskap en die mede-eienaar van ʼn fabriek in Silverton wat waterboormasjiene vervaardig en uitvoer, onder meer na Dubai.

“Hy woon al jare op sy kleinhoewe. Hy het die plek baie mooi opgeknap en vergroot deur aangrensende kleinhoewes aan te koop. Hy was baie veiligheidsbewus en daar is goeie sekuriteit wat vir ons die aanduiding gee dat die aanval goed beplan was.”

Leon beskryf sy “ouboet” as ʼn eerlike man met ʼn groot gees wat die land en mensdom liefgehad het. “Hy sou alles vir sy werkers, familie en medemens doen. Henry se geloof in God en sy medemens was aansteeklik en sy liefdadigheidswerk in die omgewing wel bekend.”

Henry was lief vir die buitelewe. Hy het daarvan gehou om sy vrye tyd langs die viswaters deur te bring en was lief vir diepseehengel. Hy was boonop ʼn kranige skut, het skyfskiet beoefen en het graag gejag.

“Hy sal onthou word as ʼn ouboet, pa, eggenoot en seun met ʼn asemrowende dryf in die lewe. Hy was ʼn voorbeeld vir almal wat met hom te doen gehad het en het bitter min die verkeerde in mense raakgesien. Hy was altyd optimisties oor ons volk en land se toekoms en het geglo dat die keuses wat ons daagliks maak ons toekoms bepaal. Hy was diep gelowig.”

Leon het gesê die moord maak geen sin nie, behalwe dat mense in die afwesigheid van morele waardes leef onder ʼn regering wat sy rug op sy mense gedraai het. “Ons sal nie gaan lê nie, my broer sou dit nie wou hê nie. Ons as familie gaan sterker hier uitkom en ons opnuut aan die welstand van ons mense wy. Nou moet ons eers my ysterbroer se moord verwerk en op ons knieë die uitweg en pad vorentoe bepaal.”

Volgens Leon kry Eva en Henry se seuns swaar ná die moord. Hulle ontvang berading en word deur familie bygestaan.

Veiligheid by die kleinhoewe is intussen verder opgeskerp.

Kapt. Marissa van der Merwe, waarnemende stasiebevelvoerder en woordvoerder van die Boschkop-polisie, het Maandag aan Maroela Media gesê niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. “Die polisie is besig om leidrade op te volg en die ondersoek duur voort,” het sy gesê.

Henry laat sy vrou, seuns, pa, broers en susters en uitgebreide familie agter.

Hy sou op 21 Maart 60 geword het.

ʼn Gedenkdiens word Donderdag om 11:00 by die 3CI Kerk in Saalstraat in Zwavelpoort gehou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

41 Kommentare

Andres Basson ·

Ek het nie meer woorde nie. My innige simpatie aan die familie.

Amaia ·

Die banke wat geld ruil moet op die uitkyk wees sodat hulle vasgetrek kan word vir die familie se onthalwe. Ons ween oor elke boer, sy vrou, kinders en familie wat aangeval was. Al het mens sekuriteit is dit nie veilig nie, wees op julle hoede en val aan voor jul aangeval word. Ek besef dis teen die wet maar elke plaasmoord is ook teen die wet.

Dinkbietjie ·

Hulle slaan toe waneer daar baie geld is ? hoe het hulle geweet dis daar ? en dit nog op die regte tyd stip . Begin soek by die wat daar werk en weet wat gaan daar aan . Jammer vir die verlies , maar mense is agterlosig waar hulle weet hulle het groot bedrae geld by hulle . Weet julle nie wat is E.F.T. nie ? ELECTRONIC FUND TRANSVER .

PWV ·

My opinie is nogsteeds dat die geld in die kluis niks hiermee te make het nie. Letterlik duisende soortgelyke plaasaanvalle vind daagliks plaasoor die laaste klomp jare waarby niks of weinig gesteel word nie. Die feit dat daar klomp geld in die kluis was is ‘n meevaller….. hulle soek wapens in kluise sodat die landswye genocide teen blankes voortgesit kan word. Hoe vinniger die wereld kan besef dat hierdie aanvalle polities gemotiveerd en nie roof gemotivereerd gedryf word nie, hoe vinniger kan ons by die oorsaak van die probleem uitkom. Vir te lank al word daar verskonings gesoek oor die werklike motiewe agter hierde moorde….

Brittz ·

Maak nie saak wat jy in jou Huis het of nie het nie, hulle hoort nie daar nie!

jennefer ·

Hy was veiligheidsbewus, maar ons laat volksvreemdes in ons huise werk……

Afrikaner Donkie ·

“Dinkbietjie” – ja ek stem saam dat daar gesoek kan word by die mense wat daar werk want inligting het verseker uitgelek dat daar wel groot bedrag geld aangehou word. Nietemin as besigheidsman het jy dit soms nodig, want gaan trek jy n groot bedrag geld by die bank en jy stap uit word jy ook geskiet en roof hulle die geld net daar. En ek sal jou n brief gee dat hulle elektroniese fonds oorplasings ook gedoen het. Maar nou is n vrou sonder n man en seuns sonder hul pa en dit is wat sleg en hartseer is.

andre ·

wat maak n mens met so baie geld in n kluis by jou huis. jy maak mos nou van jouself n teiken vir sulke gemors.

Jaques ·

Andre, maak nie saak of hy geld in die kluis gehad het of nie, hoekom?
Hoekom laat ons regering dit toe? Ek sal sommer antwoord, want stilletjies is dit wat hulle wil he moet gebeur, boere en wit mense moet almal uitgemoor word, want volgens hulle het ons almal mos die land gesteel van hulle voor vaders, wel volgens hulle screwed up geskiedenis wat hulle verkondig.

RIV ·

Ai hierdie was ‘n besigheidsman wat INTERNASIONALE BESIGHEID GEDOEN HET .. nie almal verstaan ander se besighede en transaksies en die manier waarop hulle dit maklik vind om te bedryf nie .. Jy MOET veilig wees met elektriese heinings EN TWEE veiligheidswagte EN jou geld in die kluis, dit was nie onder die matras nie. Hy het NIE die dood verdien omdat hy geld in sy kluis gehad het nie. Al het hy R1000 gehad, sou hy ook vermoor gewees het, mense vermoor boere op plase vir ‘n SELFOON so hou op om die fout by die slagoffer te soek. Wonder eerder of daar inside information uitgegee is, en simpatiseer met sy naasbestaandes vir wie hy goed was.

Pietsnot ·

Andre jy slaan die spyker op die kop en praat die waarheid .

Annemarie ·

Sekuriteits wagte is seker geld in die hand gestop. Hoe moet jy jou naaste liefhe as dit so gaan. Ek behandel elke dag almal met respek…..genade en net mooi niks word aan die saak gedoen nie. Ons kan almal mooi saamstaan en in n pragtige land bly…..maar ek is bevrees die regering is die grootste rassiste….

nie naaste ·

@Annemarie – moordenaars is verseker nie my naaste nie. Nie almal in die wêreld is jou naaste nie. Jy kan vir hom bid maar is definitief nie jou naaste nie.

andre.furstenburg ·

Stem volkome saam dit was n “hit” iemand weet daar was baie kontant op die perseel .. en gewapende wagte .. hoe word hulle oorval !!

Scalla ·

Sterkte aan die gesin, dinge kan nie so aangaan nie, inside information het verseker hier n rol gespeel, wie het almal geweet van die kontant in die kluis, laat veiligheidswagte ondersoek word. Hoop die skuldiges word opgespoor en swaar gestraf.

Bokram ·

Die gemors het gekom vir die geld,hulle moes geweet het van die baie geld in die kluis,maar hoekom moes hulle die man vermoor?,hulle was seker bang hy herken een van hulle,sterkte aan die familie

Jane ·

Ai dit is wreder as wreed. Baie sterkte aan die gesin, geen mens kan julle troos nie. Dit was net nog ‘n sinnelose barbaarse moord op ‘n onskuldige witman in SA. “Hy sou alles vir sy werkers en medemens doen” en dan word daar beweer mense word net aangeval wat hulle werkers sleg behandel. Keer op keer word hierdie teorie verkeerd bewys. Daar is absoluut geen regverdiging vir hierdie moorde nie. Dit is onverdiend, wreed en onnodig. Bygesê, hierdie man het nog ‘n beveiligde eiendom ook gehad, en steeds het hierdie groep manne ingekom en sy lewe kom neem. LAFAARDS wat iemand niksvermoedend in die rug skiet terwyl hy aan die TAFEL sit en eet. Weet nie meer wat die antwoord is behalwe dat die REGERING MOET WAKKERSKRIK NIE!! Sterkte vir julle familie!

johann ·

Die wagte is gewoonlik die bron van inligting want ons vertrou hom mos soos oom Piet vir Dingaan vertrou het

Deďuiwelin ·

En die staatskas loop weer oor van die boer se belasting en boedelbelasting wat nou ge-in gaan word. Sterkte aan die gesin en familie. Dit is so onnodig en sinneloos…God met julle.

Lou ·

Ja dit gaan nou nie help ju kry die vyand om jou op te pas nie nê.

Cherokee ·

Waarom was daar veiligheidswagte? Hulle is ten minste as onbevoeg bewys.

PWV ·

Die vraag behoort te wees: waarom het ons ‘n sogenaamde demokratiese land in die eerste plek veiligheidswagte nodig om ons dag en nag op te pas? Waarom moet ons in selfgeskepte tronke bly en maar net hoop om more oggend die son te sien opkom? Dit sal nie stop nie. Die ANC en die meerderheid stemgeregtiges in RSA stel dit baie duidelik- die witman hoort nie hier nie, en moet uit RSA uit, of ons sal van hom en sy besittings ontslae raak… Ons hoor die boodskap dag na dag uit alle oorde…. Net die week het Zuma baie duidelik laat hoor dat ons nie grond mag besit nie, en hy die wette dieooreenkomstig wil verander.

Tog kyk die wereld ander pad en soek die antwoorde op ander plekke…. Enige iets eerder as om te erken dat die sogenaamde “Reenboognasie-droom van die Nuwe Suid-Afrika” selfs ‘n groter kanker as Apartheid vir die hele Suid Afrika is. Gaan kyk maar die Statistieke en bewys my verkeerd..

Alida ·

Hou op vra oor die geld en hou op klippe gooi. Dit moes nooit gebeur het nie punt. Mens is seker vry om enigeiets in jou huis te hou en dit het niks met ons te doen nie. Die wagte moet ondervra word.

deloris ·

Skokkend, ek is woordeloos… ek het saam met julle seer. Mag jull omvou word
Met Jesus se krag en liefde.

Annemarie ·

Sewe van hulle. Skiet ‘n man in die rug. Lafaards! Ons almal weet dit gaan oor grond wat aan hulle belowe is wat deur witees ‘gevat’ is. Verswak hulle, moor hul uit en hulle sal weghardloop soos lafaards. Dit is in hulle koppe ingeprent. Kry eers grond en kry dan gratis geleerdheid was mos nou die nuutste intelligente stelling. Wittes se lewens is niks werd, want kyk hoe maklik is dit om ons uit te moor. Dit gaan nie oor geld nie. Haatspraak en beloftes het ingesink.

Zan ·

Julle mense moet begin om a safe onder die tile vloere weg te steek waarin julle geld en wapens bere. Iewers waar daardie gemors dit nie sal vind. Hou a safe iewers in die huis wat dan net a paar rand in het en miskien a fake wapen of een wat nie werk

Ouma B ·

Sien? WEER 7 om een mens dood te gaan maak. Hulle is soos wolwe, hienas en wilde honde. as hulle nie in pakke kom nie, kan hulle niks doen nie. Mag God by Eva, die kinders en familie en almal wat lief was vir Henry vertroos met hierdie groot eina!

Gertie Tait ·

Dit is so tragies, ek hoop julle plaas dit ook oorsee dat hulle kan sien wat in ons land aangaan.
Dit is of hulle daarop uit is om ons heeltemal uit te roei.

C.P. ·

Info van binne na buite!!! Wees versigtig moenie met geld werk voor groot oe nie!!

bella ·

Mense, mense. Vertrou NIEMAND nie. Hou jou mond oor wat in jou kluis is en veral werkers en kinders mag NIKS weet nie. Hulle praat. Mag God wraak neem.

Ruby ·

R I V Henry. My innige simpatie met jou naasbestaandes. Ons moet begin om ons eie werklose mense te gebruik as wagte en werkers.

Santie ·

Ja sorg dat ons witmanne wat sonder werk sit goed opgelei word en gebruik hulle as wagte en gebruik hulle op die plase.

Janie Monsieur ·

Dagsê kallie,

Dankie vir jou terugvoer. Ons kon ongelukkig geen van jou kommentaar op hierdie storie vind nie, en kan jou dus verseker dit was nie afgekeur nie. Jy kan dit gerus weer probeer stuur, en hopelik kom dit hierdie keer deur.

Groetnis
Janie nms Maroela Media

Victorious ·

Een ding wat hier uitstaan is dat by elke moord het hulle redelik inligting gehad. Ek wil my verstout om te se dit is almal inside informasie wat uitgegee word. Dis hoekom ons nie meer iemand kry om in die huis te help nie. Dit raak ‘n risiko. Doen jou werk self.

Poppie ·

Ek het ook nie meer woorde nie……………ek kan net bid. Sterkte aan die gesin en familie. Dit raak nou te veel om te hanteer, Elke liewe dag word ons volk vermoor. Mense pas julle op. Moet nooit dink dat dit nie met julle kan gebeur nie. Ons moet almal op ons kniee bly en elke dag God prys en loof en vra dat God sal intree teen hierdie wrede siellose goed.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.