‘Bose gees’ laat Pta-seun sy ma vermoor

mes-aanval

Argieffoto

ʼn Man (31) is in hegtenis geneem nadat hy glo sy 57-jarige ma in Pretoria vermoor het.

“Die man het Woensdag kort voor middernag by die Sunnyside-polisiekantoor ingestap en aan beamptes gesê hy is deur ʼn bose gees beveel om sy ma dood te maak,” het kapt. Daniel Mavimbela aan Maroela Media gesê.

Mavimbela het gesê die polisie het gaan ondersoek instel en op ʼn grutoneel by die man se woonstel in Sunnyside afgekom.

“Hulle het die verdagte se ma in ʼn plas van haar eie bloed sien lê. Die vrou is vermoedelik dood nadat sy verskeie kere met ʼn mes gesteek is.”

Die polisie het ʼn mes op die toneel gevind en daarop beslag gelê.

Die verdagte is in hegtenis geneem en moet binnekort in die Pretoria-landdroshof verskyn op aanklag van moord.

Volgens Mavimbela sal die polisiekantoor se werknemersgesondheids- en welsynseenheid berading aan die beamptes bied wat na die toneel is, sodat hulle die skok daarvan so gou as moontlik kan verwerk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Heidi ·

MM…Sunnyside is nie in die ooste nie. Julle Sal laat die inwoners van die ooste hartaanvalle met…LOL!

Dalene de Vente ·

Dagsê Heidi

Dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.

Groetnis

poeier ·

Jip veral in Sunnyside groot bose geeste sy wou dalk nie vir sy pille betaal nie toe kry hy ontrekking simptone

Willem ·

Regte bose geeste? Ek twyfel baie sterk. Daar is geen bewyse vir die bestaan van die bonatuurlike nie.

Pippa ·

Heidi…of Sunnyside nou in die ooste…weste…noorde of suide gelee is maak nou regtig nie soveel saak in hierdie berig nie. Van wanneer af is die OOSTE nou soveel beter…in elk geval????

Pieter ·

Heidi, Die middestad word gewoonlik as “MIDDELPUNT” gebruik, dus, Sunnyside is aan die Ooste….
Dan, met die goed wat aprty mense rook en snuif en spuit, is enige gees moontlik…

Ashlee ·

Het ek reg gelees! Berading aan die lede wat daar was. Genugtig. Hierdie span wat berading gee werk dan sekerlik 60 uur per dag.

Christien ·

Hulle is geskok dat hul moes wakker word en gaan werk. Al die soldate en polisie wat deur die eeue hierdie werk moes doen moes maar ……man up !

Griki ·

Dit is hoog tyd dat polisiebeamptes berading kry nadat hulle gru-tonele besoek het. Hierdie aspek is veels te lank geïgnoreer. Hulle is mense soos ek en jy, nie robotte met batterye vir harte nie. “Debriefing” is algemeen oorsee, maar hier word gesê “man up”. Daarom dat soveel polisiebeamptes aan depressie, stres en soortgelyke toestande ly wat op sy beurt daartoe lei dat hulle “snap” en selfdood pleeg of hulle geliefdes afmaai omdat hulle eenvoudig nie die lig aan die einde van die tonnel kan sien nie. Daarom, Christien, stel ek voor jy dink voor jy praat of gaan werk so bietjie in die ongevalleafdeling in ‘n hospitaal. Of beter, word self ‘n polisiebeampte en kry eerstehandse kennis van dit waardeur hulle gaan.

Frederik ·

@Christien. 100% vir jou opmerking. Om teen middernag gewek te word, en dit om te gaan werk, is erg. Berading is defnitief ‘n noodsaaklikheid.

LB S ·

Dis wat ek gister gesê het toe ek hiervan gelees het. Dit moes erg wees!

Johan. H. ·

Pippa was my al onlangs in sunnyside, ek bedoel vergelyk die plek met hoe dit 30 jaar terug was, Die plek se naam moet eerder iets anders wees maar nie sunny nie,,,

Peet J ·

Eintlik moet die bosegees nou ook van moord aangeklae word , nie waar nie, die verdagte het maar net die gees se bevele uitgevoer

snoefie ·

maak nie swak watter Kant Sunnyside us nie, dit bly hartseer.

Blondie ·

Baie bly om te verneem die “gees” het hom daarna Polisiestasie toe gelei, om homself oor te gee!!

[email protected] ·

Wil net regstelling maak. Willem johannes laing word oorleef deer sy 2de vrou Selma Laing en hul 10 jarige dogter Elizma Laing. En sy groot kinders is die sondag van hul pa se dood in kennis gestel nadat Selma en Annetjie (Mike se vrou wie saam willem in die ongeluk was) uitgevind het dit was hul 2 se mans wat in die brandende motor was. Hiermee wil ons ook net vir almal wat tot dusver vir Selma en Annetjie en hul gesinne bygestaan het se baie dankie vir al jul hulp en bystand en al jul bemoediging. Baie Sterkte Selma en Annetjie. Weet daar is nie woorde wat daai seer weg vat nie. Sterkte.

Voorlaaier ·

Net gister oppad terug van Pretoia spring i “bose gees” van agter i boom uit en skryf my i R 300 spoed kaartjie..

Ben ·

Die Afrikaanse bybel praat van n Onreine Gees. Daar is 24 verse wat praat daarvan.
Bv Markus 5 vers 13. Vir die wat nie weet nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.