Boshof brand wéér

Sowat 80 000 ha is tydens die jongste brand in die Boshof-omgewing in die Vrystaat verwoes. (Foto: Verskaf)

Vrystaatse boere en lede van die gemeenskap was teen Vrydagoggend nog verwoed besig om veldbrande in die Boshof-omgewing te blus.

Dit is boonop die derde keer in net een jaar dat dié gebied deur brande verwoes word.

Volgens Johann Steenkamp, voorsitter van die AfriForum-tak op Boshof, is sowat 80 000 ha in die jongste brand vernietig.

“Die brand het ongeveer 60 km ver versprei en dit het meer as 14 uur geneem om te blus.

“Mense het van Donderdagoggend 10:00 af gespook en gespartel om die vure dood te kry. Die wind het ook nie die taak baie maklik gemaak nie.”

Volgens Steenkamp is heelwat plase verwoes en het baie diere, veral wild, in die brand gevrek.

“Die werklike omvang van die skade en die hoeveelheid plase wat verwoes is sal egter eers later bepaal kan word.”

Volgens inligting is geen huise in die brand vernietig nie en is niemand ernstig beseer nie.

AfriForum het intussen ’n projek van stapel gestuur met die hoop om broodnodige voer by dié boere uit te kry.

Maroela Media het in Mei vanjaar berig dat sowat 30 000 ha, wat weiding, vee en infrastruktuur insluit, in Dealesville en Boshof in die Vrystaat deur vlamme verteer is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Sobymykoolkop ·

Geen reën, geen weerlig, geen hitte van die son om glasstukke die veld te laat brand nie, so, brandstigting die enigste logiese afleiding.

Harley Davidson ·

Ek dink dit is waar die assosiasie is met duiwel en vuur.

JM ·

Sou dit brandstigting wees – wat ek vermoed – gaan dit my verstand te bowe dat ‘n mens die bronne wat aan jou voedsel verskaf, vernietig. ‘n Totale gebrek aan logika, maar ‘n daad van haat/boosheid, waarmee jy eintlik net jouself vernietig.

Kokerboom ·

Ongelukkig dink die wesens nie so! Daar sal mos ALTYD wees!. Indien brandstigting kan nalatigheid of politiekery of rassehaat moontlike redes wees. Sal nooit weet

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.