Boswell-sirkusbase vandag weer in hof

'n Skermskoot uit die video wat op Carte Blanche uitgesaai is.

‘n Skermskoot uit die video wat op Carte Blanche uitgesaai is.

Twee eienaars en ʼn werknemer van die bekende Brian Boswell-sirkus sal Dinsdag weer in die Port Elizabeth-landdroshof verskyn op aanklagte van dieremishandeling.

Die hof het verlede maand gehoor die ondersoek in die saak is afgehandel en dat die staat wag op ʼn besluit van die direkteur van openbare vervolging. ʼn Voorlopige verhoordatum sal na verwagting Dinsdag vasgestel word.

Jane Boswell, haar dogter Georgina en ʼn olifanthanteerder, David Marais, staan tereg op ʼn reeks aanklagte nadat hulle na bewering olifante tussen Desember 2012 en Januarie 2013 vasgemaak, geslaan, ingehok en nie van genoegsame water en skadu voorsien het nie. Al drie verdagtes is tans op waarskuwing vrygelaat.

Die nasionale raad van die Dierebeskermingsvereniging (DBV) het in 2013 die aanklagte teen die sirkus aanhangig gemaak nadat hulle die beweerde mishandeling van die olifante gesien het toe die sirkus by die Walmer West Primary School in Port Elizabeth was. Die skool het later sy toestemming dat die sirkus die terrein mag gebruik, teruggetrek.

ʼn Bron na aan die ondersoek het aan African News Agency gesê die olifanthanteerders wat op beeldmateriaal van die mishandeling te sien is, het sedertdien gevlug en verdwyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Ai-ai ·

Mense wat weerlose kinders en diere mishandel sal nie ongestraf bly nie… Ons Hemelse Vader slaap nie, jy kan vlug en verdwyn maar God weet wat jy gedoen het en sien wat jy doen!

neelsie ·

Kla hulle aan vir aanranding….daardie olifant is te sag met daardie mens.

cindy ·

En tog is daar nogsteeds mense wat die sirkus ondersteun! Waarom?

Kloekie ·

Dit gaan my verstand te bowe dat daar vandag nog iets soos sirkusse(met diere) toegelaat word!!

Stop-sirkus ·

Alle sirkusse moet verban word in SA!!
DBV moet aandring dat alle sirkusse se aktiwiteite met diere, onwettig verklaar word.

Justa ·

Kla hulle sommer ook aan vir die mishandeling van Opal en gooi die lot in die tronk waar hulle hoort.

Yvonne ·

Ai, hoe hartseer is ek nou…besef daardie mense dan nie watter unieke, intelligente, fyngevoelige en indrukwekkende dier ‘n olifant is nie? (En hulle werk tog met hulle!) Nee wat, beskaafde mense werk mooi met diere; moenie hulle beskaafd behandel nie…..tjoekie toe!

Deloris ·

Hoeveel keer gaan hy/hulle nog in die hof verskyn, kry klaar met die saak

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.