Boswell-sirkusbase weer in die hof

'n Skermskoot uit die video wat op Carte Blanche uitgesaai is.

‘n Skermskoot uit die video wat op Carte Blanche uitgesaai is.

Twee sirkusbase en ʼn werknemer van die bekende Brian Boswell Circus verskyn Woensdag in die landdroshof in Port Elizabeth op aanklag van dieremishandeling.

Jane Boswell, haar dogter Georgina en die olifanthanteerder David Marais staan tereg op ʼn aantal klagtes nadat hulle glo tussen Desember 2012 en Januarie 2013 die olifante geslaan en met kettings vasgemaak het en glo nie voldoende water of skaduwee aan hulle verskaf het nie.

Al drie beskuldigdes het vroeër vandeesmaand, vir ʼn tweede keer, nie by die hof opgedaag nie weens werksverpligtinge in Pretoria.

Landdros Esti Petzer het gewaarsku dat al drie tydens die volgende hofverskyning teenwoordig moet wees.

Al drie staan tereg op aanklagte wat verband hou met die Wet op Dierebeskerming.

Die Nasionale Raad van die Dierebeskermingsvereniging het in 2013 klagtes teen Boswell Circus aanhangig gemaak vir die beweerde mishandeling van olifante by Walmer West Primary School in Port Elizabeth. Die skool het later sy toestemming aan die sirkus, om die terrein te gebruik, teruggetrek.

Beeldmateriaal wat op die televisieprogram Carte Blanche tydens 2013 uitgesaai is, het gewys hoe die olifante met kettings vasgemaak is, vir ure lank blootgestel is aan die hittige son en met stokke geslaan word.

ʼn Bron naby aan die saak het aan die African News Agency gesê die olifanthanteerders wat in die video te sien is, is glo afgedank en het intussen verdwyn.

Die drie beskuldigdes is tydens ‘n vorige hofverskyning op ʼn waarskuwing vrygelaat.

Lees alle vorige berigte oor Boswell-sirkus op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Leon ·

Hopelik word daar van hulle ‘n voorbeeld gemaak. Dis ‘n aard-sonde om so ‘n majestieuse dier in kettings te hou! Geen dier mag mishandel word nie. Ons, as die mens, is immers aangestel as die hoeders van die diereryk.

Elizabeth ·

Wat soek diere nog in ‘n sirkus! Dit is wreed…. Hul spandeer meer tyd op die pad in treilers en in hokke. Boikot alle sirkusse wat wilde diere gebruik vir geldmaak. Al is die diere hoe goed ‘versorg’ bly hul in ‘n tronk.

Justa ·

Maak die sirkus toe en gooi die lot in die tronk. Laat die diere vry in n beskermde omgewing. Geen dier behoort in n sirkus nie.

Elgeraine ·

Geen dier hoort in n hok nie…behalwe sommiges. Ek was nog nooit n ‘fan’ van sirkusse nie, dis wreed, diere moet vry wees in hul natuurlike omgewing!

Sonja ·

Dit is vir my net amazing dat die saak al van 2013 aan die gang is, en dit na Carte Blanche dit hanteer het. Baie swak

Pierre Celliers ·

Die Boswell familie moet hul geldgierigheid ten koste van onskuldige, lydende diere laat staan en begin leef op hul massiewe pensioene wat hulle deur die jare opgebou het! Geen verskoning is goed genoeg om die aanhou van diere in ‘n sirkus te probeer regverdig nie!!!

Elizabeth ·

Ongelukkig is dit nie net die Boswell familie nie. Die McClarren familie doen dieselfde. Misbruik diere vir eie gewin en hou hul in tronke aan. Ek wens ons land wil ook wakker skrik en diere in sirkusse verban soos baie ander lande. Ek dink egter nie die welsyn van diere is belangrik vir enige van ons politieke partye nie.

Elizabeth ·

Dis nie net die Boswell familie nie, die McClaren familie doen presies dieselfde. Misbruik diere vir eie gewin en hou hul in tronke aan. Dis erg! Wens ons land wil bykom en ook diere in sirkusse verban soos baie ander lande alreeds doen.

m ·

Geen sirkus beteken iets goed vir enige dier nie. Almal mishandel hierdie diere , Boswell is ma net uitgevang. Sluit die sirkus, ons kry genoeg vermaak in die parlement!!!!!

Sims ·

Dieretuine in baie opsigte dieselfde. Kyk bv na leeus en olifante.Geen natuurlike habitat.Ek is seker dat indien hulle keuses het sal dit eerder die natuur wees.

Mary ·

Geen diere moet in sirkusse toegelaat as deel van vermaak nie!! Gimnaste, “juggler’s”, hansworse, ens kan almal vermaak. Diere het die reg om so na as moontlik hul natuurlike gedrag te beoefen. Alle diere word gedwing en mishandel om sogenaamde “oulike, menlike en slim” toertjies te doen. Om dit te kry word hul geslaan en mishandel soos baie videos al gewys het. Asb verander die landswet! GEEN diere in sirkusse nie! ASSEBLIEF!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.